Veewagter (sterrebeeld)

sterrebeeld

Die Veewagter (Latyn: Boötes) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Die naam kom van die Grieks Βοώτης (veewagter of ploegman; letterlik "osdrywer"). Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Veewagter
Latynse naamBoötes
GenitiefBoötis
AfkortingBoo
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming15h
Deklinasie30º
Grootte907 vk. grade (13de)
KwadrantNQ3
Besonderhede
Hoofsterre7, 15
Helderste sterAlpha Boötis (Arcturus)
Naaste sterWolf 498
Sterre helderder as 3 m3
Sterre met planete9
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre59
MeteoorreënsJanuarie Bootiede, Junie-Bootiede, Quadrantiede
Aangrensende sterrebeelde
Jaghonde, Berenike se Hare, Noordelike Kroon, Draak, Hercules, Slang se Kop, Maagd, Groot Beer
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Dit bevat die vierde helderste ster in die hemelruim, Arcturus.

Ruimtevoorwerpe wysig

Alpha Boötis (Arcturus) is die helderste ster in die Veewagter en die vierde helderste in die hemelruim.

NGC 5466 is ’n bolvormige sterreswerm wat met die meeste teleskope gesien kan word. Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek. Die Boötes-leemte, ’n groot deel van die heelal waarin geen sterrestelsels voorkom nie, is in die gebied van die Veewagter geleë.

Verwysings wysig

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wiki How

Eksterne skakels wysig