Ulm is 'n stad in Baden-Württemberg in die suide van Duitsland, met 'n bevolking van 123 672 op 31 Desember 2011 en 'n oppervlakte van 118,7 km². Ulm is veral bekend vir die Ulm Minster, op 'n hoogte van 161,53 meter die hoogste kerktoring ter wêreld. Die stad het een van die oudste burgerlike grondwette van Duitsland wat uit die jaar 1641 dateer.

Ulm

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Koördinate48°24′N 9°59′O / 48.400°N 9.983°O / 48.400; 9.983
 Stigting (eerste verwysing)22 Julie 854
 Stadstatus1274
 Oppervlakte: 
 - Totaal118,7 vk km
 Hoogte bo seevlak478 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2011)123 672[1]
 - Bevolkingsdigtheid1042/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterGunter Czisch (CDU)
 Amptelike Webwerfulm.de

Die eerste historiese verwysing na Ulm dateer uit die jaar 854, tussen 1802 en 1810 het dit deel uitgemaak van Beiere. Die gebied regs van die Donau vorm nou die stad Nieu-Ulm. Ulm is ook bekend as geboorteplek van Albert Einstein (1879-1955).

Verwysings wysig

  1. "Bevölkerungsentwicklung in den Gemeinden Baden-Württembergs 2011" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Mei 2013. Besoek op 15 Desember 2012.