Trigeminale neuralgie

Trigeminale neuralgie is siekte wat gekenmerk word deur neuropatiese episodes van intense pyn in die gesig.[1] Dit is al as een van die pynlikste toestande bekend beskryf.[2] Die pyn kan op verskillende plekke op die gesig manifesteer, soos aan die voorkant van die oor, oog, lippe, neus, kopvel, voorkop, wange, mond of kakebeen, asook aan die kant van die gesig.

Trigeminale neuralgie
Klassifikasie en eksterne bronne
Die trigeminale senuwee met sy drie vertakkings (in geel): die oftalmiese senuwee (V1), die maksillêre senuwee (V2) en die mandibulêre senuwee (V3
Die trigeminale senuwee met sy drie vertakkings (in geel): die oftalmiese senuwee (V1), die maksillêre senuwee (V2) en die mandibulêre senuwee (V3
ICD-10G50.0, G44.847
ICD-9350.1
DiseasesDB13363
MedlinePlus  000742
eMedicineemerg/617
MeSHD014277
Mediese waarskuwing

Die pyn word deur die trigeminale senuwee veroorsaak. Die trigeminale senuwee is 'n kraniale senuwee wat drie groot takke het: die oftalmiese senuwee (V1), die maksillêre senuwee (V2) en die mandibulêre senuwee (V3). Een, twee, of al drie takke van die senuwee kan beïnvloed word. In 1-6% van die gevalle kom dit aan beide kante van die gesig voor, hoewel dit uiters selde op dieselfde tyd gebeur.[3] Trigeminale neuralgie behels meestal die middelste (die maksillêre senuwee of V2) en laer tak (mandibulêre senuwee of V3) van die trigeminale senuwee.

Daar is verskeie moontlikhede behandelings vir trigeminale neuralgie, beide chirurgies en medies van aard. Behandeling word gewoonlik met die toediening van karbamasepien begin.

Na beraming ly een 1 uit 15 000 of 20 000 mense aan trigeminale neuralgie, hoewel die werklike syfer as gevolg van misdiagnose aansienlik hoër kan wees. In die meeste gevalle begin simptome bo die ouderdom van 50 verskyn, hoewel gevalle van kinders so jonk as drie jaar al aangeteken is. Dit is meer algemeen by vroue as mans.[4] Trigeminale neuralgie is die eerste keer deur die geneesheer John Fothergill en chirurgies deur John Murray Carnochan beskryf, beide van hulle het aan die Universiteit van Edinburgh se Mediese Skool gegradueer.

Verwysings wysig

  1. Hackley, CE (1869). A text-book of practical medicine. D. Appleton & Co. p. 292. Besoek op 1 Augustus 2011.
  2. Okeson, JP (2005). "6". In Lindsay Harmon (red.). Bell's orofacial pains: the clinical management of orofacial pain. Quintessence Publishing Co, Inc. p. 114. ISBN 0-86715-439-X.
  3. http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/ articles/PMC4258705
  4. Bloom, R. "Emily Garland: A young girl's painful problem took more than a year to diagnose". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2014. Besoek op 11 Oktober 2015.