Tbilisi (Georgies: თბილისი [tʰˈbiliˌsi] ) is die hoofstad van Georgië. Met 'n bevolking van 1,15 miljoen in 2010 en 'n oppervlakte van 726 km² (waarvan 70 km² beboude gebiede) is dit die grootste en mees bevolkte stad in die land.

Tbilisi
თბილისი

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Georgië Georgië
 Koördinate41°43′N 44°48′O / 41.717°N 44.800°O / 41.717; 44.800
 Gestig in4de eeu v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal726 vk km
 Hoogte bo seevlak380–770 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2010)1 152 505
 - Bevolkingsdigtheid1 587/vk km
 - Metropolitaanse gebied1 313 878
 TydsoneUTC +04:00
 Klimaat 
 - TipeGematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur12,6 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie0,5 / 24,2 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae518 mm
 BurgemeesterKakha Kaladze
 Amptelike webwerftbilisi.gov.ge

Geografie wysig

Geografiese ligging wysig

Tbilisi se historiese stadsentrum

Tbilisi is in die sentrale gedeelte van die Kaukasus-landengte in Oos-Georgië geleë. Dit strek oor 'n afstand van 21 kilometer langs die Koera-rivier (Georgies Mtkwari). Die stad word in die weste deur die bergpiek Mtazminda, in die ooste deur die Machata-heuwelketting, in die suide deur die Mtabori- en Solalaki-gebergtes begrens. Vanweë sy bergagtige reliëf is die stadsgebied teen hoogtes van tussen 380 en 727 meter bo seevlak geleë. Talle woonbuurte is op terrasse teen die skuinstes van berghellings gebou.

As hoofstad van Georgië is Tbilisi aan die nege administratiewe distrikte van die land gelykgestel.

Klimaat wysig

Tbilisi is in 'n gematigde subtropiese klimaatstreek met min bewolktheid en 'n gemiddeld van meer as 2 100 sonskynure regdeur die jaar.[1] Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 12,6 °C, met uiterstes van -23 °C in die winter- en 40 °C in die somermaande.

Die gemiddelde jaarlikse reënval is tussen 450 en 650 mm, waarby Mei die natste maand van die jaar is. Swaar donderbuie sak hoofsaaklik in Mei en Junie oor Tbilisi uit. Sneeuvalle van tussen 1 en 10 sentimeter kom in die algemeen tussen November en April voor, tog kan sneeulae uiterstes van tussen 30 en 40 sm bereik.

Natuurverskynsels wysig

Georgië is in 'n seismies aktiewe gebied geleë sodat ook Tbilisi verskeie kere deur aardbewings geraak is. Die laaste groot aardskudding, wat 4,8 op die Richterskaal gemeet het, het Tbilisi op 25 April 2002 geruk en ses menselewens geëis. Meer as 10 000 geboue is beskadig, hoofsaaklik in ouer stadsdele soos Mtazminda, Tsjoeghoereti, Isani en Krtsanisi, en meer as 60 miljoen VSA-$ se skade is aangerig.

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig