Superhelde

Superhelde is 'n Afrikaanse jeug-rolprent wat op 22 April 2011 vrygestel is. Die film se subtitel is: "Ontmasker die held in jou!".

Superhelde
RegisseurStefan Nieuwoudt
DraaiboekIvan Botha
Andrew Thompson
MetIvan Botha
Neil Sharim
Andrew Thompson
Musiek deurBenjamin Willem
KinematografieDavid Pienaar
RedigeerderC.A. van Aswegen
AteljeeThe Film Factory
VerspreiderSter-Kinekor
Uitgereik22 April 2011
Speeltyd95 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
Amptelike webtuiste
IMDb-profiel

Genre wysig

Die rolprent is 'n komedie. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 jaar (swak taalgebruik en sekstonele). Dit is op 'n jong gehoor gemik en tieners sal hierby aanklank vind.

Hoofkarakters wysig

Storielyn wysig

"In 'n land waar mense nie meer opstaan vir waarin hulle glo nie, waar helde en liefde net in Hollywood flieks bestaan, moet twee ontluikende superhelde die krag binne hulself vind om die een plek waar hulle inpas te red."

Wanneer hul geliefde comic-winkel bedreig word, kom twee beste vriende se superheldkleure na vore. Dimensie Komieks is diep in die skuld en in die moeilikheid. Boonop word die winkel deur hul aartsvyand van skool, J.J. van Tonder bedreig. J.J. en sy pa is die eienaars van die winkelsentrum oorkant Dimensie Komieks. Hulle benodig ruimte vir meer parkeerplek en hulle het 'n ogie op die gebou waarin Dimensie Komieks is. Albert en Peet beraam saam met Saskia, Monique en SuperWayne 'n buitensporige plan om die winkel van die stootskrapers te red.

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig