Suid-Soedan

Suid-Soedan (Engels: South Sudan; Swahili: Sudan Kusini), amptelik die Republiek Suid-Soedan (Engels: Republic of South Sudan; Swahili: Jamhuri ya Sudan Kusini), is 'n landingeslote land in Oos-Afrika en grens aan Soedan in die noorde, Ethiopië in die ooste, Kenia, Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste. Die hoofstad en grootste stad is Joeba, hoewel die regering 'n nuwe hoofstad beplan. Suid-Soedan het 'n bevolking van 8 260 490 in 2008 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 619 745 km².

Republiek Suid-Soedan
  • Republic of South Sudan  (Engels)
  • Jamhuri ya Sudan Kusini  (Swahili)
Vlag van Suid-SoedanWapen van Suid-Soedan
VlagWapen
Nasionale leuse: Justice, Liberty, Prosperity
(Engels vir: "Geregtigheid, Vryheid, Voorspoed")
Volkslied: South Sudan Oyee!
Ligging van Suid-Soedan
HoofstadJoeba

4°51′N 31°36′O / 4.850°N 31.600°O / 4.850; 31.600

Grootste stadJoeba
Amptelike taleEngels[1][2] en Swahili[3][4]
Regering

President
Adjunkpresident
• Eerste adjunkpresident
Federale presidensiële
grondwetlike republiek[5]
Salva Kiir Mayardit
James Wani Igga
Taban Deng Gai
Onafhanklikheid
• Ontbinding van die
Anglo-Egiptiese Soedan
• Omvattende vredesooreenkoms
• Outonomie
• Onafhanklikheid en grondwet
van Soedan

31 Desember 1955
6 Januarie 2005
9 Julie 2005
9 Julie 2011
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
619 745 km2  (41ste)
239 285 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2008-sensus
 - Digtheid
 
12 230 730[6] (94ste)
8 260 490[7] (omstrede)
13,33 / km2 (214de)
34,52 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$12,176 miljard[8]
$884[8]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$4,177 miljard[8]
$303[8]

MOI (2018) 0,413[9] (186ste)  –  laag
Gini (2009)46,3[10] –  medium
GeldeenheidPond (SSP)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD.ss[11]a
Skakelkode+211[12]
a. Geregistreer, maar nog nie in werking nie.
Nasa-Satellietbeeld van Suid-Soedan
Kaart van Suid-Soedan

Suid-Soedan het op 9 Julie 2011 as gevolg van 'n positiewe referendum sy onafhanklikheid van Soedan verklaar en is sedertdien die wêreld se jongste onafhanklike land. Kort daarna het egter nuwe etniese geweld uitgebreek wat in 2013 tot 'n burgeroorlog ontwikkel het. Suid-Soedan word algemeen as 'n mislukte staat beskou.[13] Die Suid-Soedanese regering is tans op soek vir 'n nuwe stad wat as hoofstad kan dien, waarvan Ramciel die gunsteling is.[14] Dit word egter deur die voortdurende Suid-Soedanese burgeroorlog bemoeilik.

Geografie wysig

Suid-Soedan se geografie word veral deur die Wit Nyl wat dié land van suid na noord deurvloei en saam met die Blou Nyl een die Nylrivier se twee hooftakke vorm. Die hoofstad Joeba is weerskante die Wit Nyl geleë en noord van dié stad begin die Wit Nyl die Sudd vorm, een van die wêreld se grootste vleilande en die grootste binnedelta in Afrika.[15]

Geskiedenis wysig

Konflikgebiede in Soedan:

   (Noord-)Soedan

   Darfoer

   Oos-Soedan

   Suid-Soedan

   Abyei

   Suid-Koerdoefan en Blou Nylrivier

Internasionale erkenning van Suid-Soedan:

   Suid-Soedan

   Lande wat die Onafhanklikheid van Suid-Soedan erken

Tussen 1972 en 1983 en van 2005 tot 2011 was Suid-Soedan 'n outonome gebied in Soedan. Daar was twee burgeroorloë tussen Noord- en Suid-Soedan: Die eerste Soedannese burgeroorlog vanaf 1955 tot 1972 en die tweede Soedannese burgeroorlog vanaf 1983 tot 2005. Die konflik is die oudste in die geskiedenis van Afrika.[16] Tussen 9 Januarie en 15 Januarie 2011 is 'n referendum om die onafhanklikheid van Suid-Soedan gehou,[17] waarin 99 persent van die stemgeregtigdes vir die onafhanklikheid van Suid-Soedan gestem het.[18] Op 9 Julie 2011 het Suid-Soedan die 54ste onafhanklike land van Afrika geword[19] en sedert 14 Julie 2011 is Suid-Soedan die 193ste lidland van die Verenigde Nasies.[20] Op 27 Julie 2011 het Suid-Soedan as 54ste lidstaat by die Afrika-unie aangesluit.[21] Daarbenewens is Suid-Soedan 'n kandidaatland van beide die Arabiese Liga[22] en die Britse Statebond.[23]

Demografie wysig

Suid-Soedan het 'n diverse bevolking met baie etniese groepe en taalfamilies. Volgens die Verenigde Nasies se 2016-skatting het die land 'n bevolking van sowat 12 miljoen gehad. Die hoofstad en grootste stad is Joeba weerskante die Wit Nyl, gevolg deur Wau. Ander nedersettings sluit in Rokon en Yei.

Etniese groepe wysig

Volgens die 2011-skatting bly sowat 4,6 miljoen Dinka in Suid-Soedan, amper 35,8% van die totale bevolking en die grootste etniese groep in dié land. Die naasgrootste etniese groep is die Nuer met sowat 3 miljoen of 15,6% van die bevolking.[24]

Tale wysig

Suid-Soedan se amptelike taal is Engels, hoewel die 60 inheemse tale amptelike erkenning geniet.[25] Van die tale in Suid-Soedan is veral Nilo-Sahariese tale wat verder in verskeie takke verdeel word. Die belangrikste taal is Dinka wat deur amper 1,4 miljoen mense gebesig word, gevolg deur die nou verwante Nuer met byna 900 000 moedertaalsprekers.

Arabies was voorheen 'n amptelike taal in Suid-Soedan, maar is deur die regering geskrap. Suid-Soedan se Arabiese dialek staan bekend as Joeba-Arabies en is 'n lingua franca in dié land.

Die Suid-Soedanese regering het van Swahili die tweede amptelike taal, ná Engels, gemaak om sy betrekkinge met die Oos-Afrikaanse lande, waar Swahili 'n amptelike taal is, te verdiep. Suid-Soedan het Tanzaniese onderwysers genooi om Swahili-lesse in Suid-Soedanese skole aan te bied.[3][4]

Godsdiens wysig

Die meeste Suid-Soedanese is Christene (60,5%), veral Rooms-Katolieke, gevolg deur Tradisionele Afrika-godsdienste (32,9%), Moslems (6,2%) en ander (0,4%).[26]

Deelstate wysig

Deelstate vanaf 2011 tot 2015 wysig

Tien Suid-Soedanese deelstate tussen 2011 en 2015 en historiese provinsies van Soedan:

   Bahr el Ghazal

   Equatoria

   Greater Upper Nile

Met onafhanklikheidswording in 2011 het Suid-Soedan tot in 2015 uit tien deelstate bestaan:

Arabiese NaamEngelse NaamBevolking
(2006)
Hoofstad
A'ali an-NilUpper Nile1 212 979Malakal
al-BuhairatLakes567 329Rumbik
al-Istiwa'iyya al-wustaCentral Equatoria334 827Joeba
Al-WahdaUnity / Western Upper Nile262 787Bentiu
DschunqaliJungali1 189 330Bur
Gharb al-Istiwa'iyyaWest Equatoria1 731 341Yambio
Gharb Bahr al-GhazalWest Bahr-al-Ghazal1 467 870Waw
Schamal Bahr al-GhazalNorth Bahr-al-Ghazal826 646Uwail
Scharq al-Istiwa'iyyaEast Equatoria225 872Kapoita
WarabWarap999 785Warab

Deelstate vanaf 2015 tot 2020 wysig

28 Suid-Soedanese deelstate tussen 2015 en 2017 en historiese provinsies van Soedan:

   Bahr el Ghazal

   Equatoria

   Greater Upper Nile

32 Suid-Soedanese deelstate tussen 2015 en 2020 en historiese provinsies van Soedan:

   Bahr el Ghazal

   Equatoria

   Greater Upper Nile

In 2015 is 28 nuwe deelstate gestig en in 2017 is vier deelstate nuutgestig, waarna Suid-Soedan uit 32 deelstate bestaan het. Uit Eastern Nile is in 2017 die nuwe deelstate Northern Upper Nile met die hoofstad Renk en Central Upper Nile met die hoofstad Malakal afgestig. Dele van Latjoor is as Maiwut met die hoofstad Maiwut afgestig en van Gbudwe is die deelstaat Tumbura met die hoofstad Tumbura afgestig.

NaamHoofstadDistrikte
ImatongToritTorit, Ikotos, Lopa, Magwi
NamorunyangKapoetaKapoeta South, Kapoeta North, Kapoeta East, Budi
MaridiMaridiMaridi, Ibba
AamadiMundriMundri West, Mundri East, Mvolo
GbudweYambioAnzara, Yambio, Ezo, Tambura, Nagero
JubekJubaJuba
TerekekaTerekekaTerekeka, Jemeza, Tali, Tigor, Gwor
Yei RiverYeiYei, Kajo keji, Morobo, Lainya
WauWauBagari, Jur River
AweilAweilAweil South, Aweil Centre
LolRagaAweil West, Aweil North, Raga
Aweil EastWanyjokAweil East
TwicMayen AbunTwic
GogrialKwajokGogrial East, Gogrial West
TonjTonjTonj North, Tonj East, Tonj South
Eastern LakesYirolYirol West, Yirol East, Awerial
Western LakesRumbekRumbek East, Rumbek North, Rumbek Centre, Wulu
GokCueibetCueibet
Northern LiechBentiuRubkona, Guit, Koch, Mayem
Southern LiechLeerLeer, Mayendit, Panyijar
RuwengPanriengPanrieng, Abiemnon c
Eastern NileMalakalMalakal, Renk, Maban, Melut, Baliet, Akoka, Pigi, Kama
JongleiBorBor, Duk, Twic East
Western NileKodokPanyikang, Kodok, Manyo
Western BiehAyodFangak, Ayod
Eastern BiehAkoboAkobo, Nyirol, Urol
LatjoorNasirNasir, Ulang, Maiwut, Longuchuk
BornaPiborPibor, Pchalla

Nuwe deelstate en gebiede sedert 2020 wysig

Tien Suid-Soedanese deelstate en gebiede sedert 2020 en historiese provinsies van Suid-Soedan:

   Bahr el Ghazal

   Equatoria

   Greater Upper Nile

Sedert die ondertekening van 'n vredesooreenkoms op 22 Februarie 2020 word Suid-Soedan in tien deelstate en gebiede onderverdeel.[27]

VlagDeelstaatHoofstadBevolking
(2010)[28]
Oppervlakte
(km²)[28]
Digtheid
(/km²)
Streek
Noord-Bahr el GhazalAweil820 83430 543,3026,87Bahr el Ghazal
Wes-Bahr el GhazalWau358 69291 075,953,94Bahr el Ghazal
LakesRumbek782 50443 595,0817,95Bahr el Ghazal
WarrapKuajok1 044 21745 567,2422,92Bahr el Ghazal
Wes-EquatoriaYambio658 86379 342,668,30Equatoria
Sentraal-EquatoriaJuba1 193 13043 033,0027,73Equatoria
Oos-EquatoriaTorit962 71973 472,0113,10Equatoria
JongleiBor1 228 82480 926,00n.v.t.Greater Upper Nile
UnityBentiu399 105n.v.t.n.v.t.Greater Upper Nile
Upper NileMalakal1 013 62977 283,4213,12Greater Upper Nile
Abyei AreaAbyei124 39010 546,00n.v.t.Bahr el Ghazal
Pibor AreaPibor214 67641 962,00n.v.t.Greater Upper Nile
Ruweng AreaPariang246 360n.v.t.n.v.t.Greater Upper Nile

Verwysings wysig

  1. (en) "The Transitional Constitution of the Republic of South Sudan, 2011". Government of South Sudan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2012. Besoek op 12 Julie 2011. Part One, 6(2).
  2. (en) "At a Glance". Official portal. Regering van Suid-Soedan. 12 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2014. Besoek op 7 Augustus 2014.
  3. 3,0 3,1 (en) "Tanzania: Dar Agrees to Send Kiswahili Teachers to Juba". All Africa. 5 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  4. 4,0 4,1 (en) "S. Sudan to adopt Swahili as official language, seeks Tanzania's help". Africa News. 6 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  5. (en) "S. Sudanese government agrees to federal system with rebels – Sudan Tribune: Plural news and views on Sudan". Sudan Tribune. Addis Abeba. 27 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 29 Oktober 2020.
  6. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 29 Oktober 2020.
  7. (en) "Discontent over Sudan census". News24.com. AFP. 21 Mei 2009. Besoek op 7 Augustus 2014.[dooie skakel]
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 (en) "South Sudan". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  9. (en) "2019 Human Development Index Ranking". United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  10. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  11. (en) ".ss Domain Delegation Data". Internet Assigned Numbers Authority. ICANN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  12. (en) International Telecommunication Union (14 Julie 2011). "New country, new number: Country code 211 officially assigned to South Sudan". Persberig. http://www.itu.int/net/pressoffice/press_releases/2011/25.aspx#.X5ryZeLPyUl. Besoek op 29 Oktober 2020. 
  13. (de) "Von Anfang an gescheitert". Neue Zürcher Zeitung. 8 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  14. (en) "South Sudan relocates its capital from Juba to Ramciel". Sudan Tribune. 3 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  15. (en) T.S. McCarthy, 1993. The great inland deltas of Africa, Journal of African Earth Sciences, vol. 17, nr. 3, bl. 275–291
  16. (en) "South Sudan gets new government". BBC. 23 Oktober 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  17. (en) "Sudan's Referendum Commission says southern Sudan referendum on Jan. 9". People's Daily Online. 21 Oktober 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 29 Oktober 2020.
  18. (en) "Southern Sudan referendum: 'Massive vote to split'". BBC. 21 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  19. (en) "South Sudan becomes an independent nation". BBC. 9 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  20. (en) "UN welcomes South Sudan as 193rd Member State". Verenigde Nasies. 14 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  21. (en) "Member States". Afrika-unie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 11 Augustus 2019.
  22. (en) "Khartoum supports South Sudan demand to join Arab League". Sudan Tribune. 22 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  23. (en) "South Sudan wants to join Commonwealth". Al Jazeera. 29 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  24. (en) "South Sudan". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  25. (en) "The Transitional Constitution of the Republic of South Sudan, 2011" (PDF). Sudan Tribune. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  26. (en) "The Pew Forum – Religious Composition by Country" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2018. Besoek op 29 Oktober 2020.
  27. (en) "South Sudan Kiir agrees to re-establish the 10 states – Sudan Tribune: Plural news and views on Sudan". www.sudantribune.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  28. 28,0 28,1 (en) "Statistical Yearbook for Southern Sudan 2010" (PDF). Southern Sudan Centre for Census, Statistics and Evaluation. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Oktober 2012. Besoek op 1 Junie 2012.

Bronne wysig

Eksterne skakels wysig