Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2006


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Op 1 Maart 2006 is munisipale verkiesings in Suid-Afrika gehou om lede tot die plaaslike regeringsrade in die munisipaliteite van Suid-Afrika te verkies. Die munisipaliteite maak deel uit van die plaaslike regering van Suid-Afrika en is onderafdelings van die provinsies. Dit maak hulle verantwoordelik vir plaaslike dienslewering soos elektrisiteits- en watervoorsiening en brandweerdienste.

Alle groot politieke partye, met die uitsondering van die SAKP wat lede van die "drieparty-alliansie" is, het kandidate bekend gestel. Die verwagte wenner, die ANC het die meeste setels gewen met 66.3% van die stemme.[1] Hierdie verkiesings is gesien as 'n toets vir die AND nadat daar heelwat ongelukkigheid geheers het oor spoed waarteen dienslewering plaasgevind het. Die DA het 14,8% van die landswye stemme gekry[1] wat hulle tweede geplaas het. Die IVP het 8.1% van die stemme ingepalm[1] vir 'n derde plek terwyl die nuwe party van Patricia de Lille, die OD 2.0% van die stemme gekry het wat hom vierde van alle groot politieke partye geplaas het.

Omdat landelike kiesers 'n bykomende stem gehad in vergelyking met stedelike kiesers (vir 'n distriksraad), word 'n duideliker verteenwoordiging van die gewildheid van politieke partye gekry uit die persentasie van die proporsionele verteenwoordiging (sonder distriksraad- en wykstemme). Dit is dat die ANC 65.7%, die DA 16.3%, die IVP 7.6% en die OD 2.2% van die landswye stemme gekry

Veldtog wysig

Die veldtog het gefokus op dienslewering, veral in die townships na 12 jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Onluste en grootskaalse proteste het voor die verkiesings uitgebreek in townships regoor die land. Alle partye het flinke dienslewering beloew. In Durban het die hutbewonersbeweging, Abahlali baseMjondolo die verkiesing geboikot onder die slagspreuk 'Geen Land! Geen Huis! Geen Stem!'

Uitslae wysig

Die ANC het 'n meerderheid in die meeste rade van die Noord-Kaap, Noordwes, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en die Oos-Kaap gekry.

Die DA het die meeste van sy stemme in Kaapstad gekry maar kon nie 'n meerderheid behaal nie en kon dus nie op sy eie 'n regering vorm nie. 'n Koalisie tussen die DA en kleiner partye soos die VF Plus het die stad gewen en kon gevolglik 'n regering saamstel.

In KwaZulu-Natal het die IVP die meerderheid gekry maar hy het in die landelike gebiede heelwat steun verloor vergeleke met die vorige verkiesing,[2] en hy het ook nie die groot ekonomiese sentra in die provinsie gewen nie.

Gedetaileerde nasionale uitslae wysig

PartyWyk%PV*%DR*%Totaal%
African National Congress6 314 39364.1%6 469 42065.7%4 683 13570.8%17 466 94866.3%
Demokratiese Alliansie1 595 74216.2%1 608 15416.3%684 88410.3%3 888 78014.8%
Inkatha Vryheidsparty740 1357.5%744 4867.6%635 5219.6%2 120 1428.1%
Onafhanklike Demokrate204 8462.1%217 7612.2%108 3051.6%530 9122.0%
United Democratic Movement100 3521.0%129 0471.3%105 1051.6%334 5041.3%
Afrika Christen Demokratiese Party122 4781.2%128 9901.3%74 9181.1%326 3861.2%
Pan Africanist Congress of Azania108 7411.1%109 8161.1%88 1901.3%306 7471.2%
Vryheidsfront Plus92 0390.9%93 9211.0%66 2931.0%252 2531.0%
United Christian Democratic Party55 6040.6%62 4590.6%60 7550.9%178 8180.7%
Minority Front42 2550.4%42 5300.4%0.0%84 7850.3%
National Democratic Convention32 2500.3%35 8990.4%25 3120.4%93 4610.4%
United Independent Front25 0720.3%31 0180.3%19 4310.3%75 5210.3%
Azanian People's Organisation25 7730.3%30 3210.3%18 5330.3%74 6270.3%
Onafhanklik263 9912.7%Not applicable263 9911.0%
84 kleiner partye133 4031.4%148 0581.5%48 1970.7%329 6581.3%
Totaal9 857 074100.0%9 851 880100.0%6 618 579100.0%26 327 533100.0%

* PV=Proporsionele verteenwoordiging; Dr=Distriksraad

Geografie wysig

'n Kaart wat die 2006 plaaslike verkiesingsuitslae in plaaslike munisipaliteite in Suid-Afrika aandui.

Die kaart aan regterkant toon die wenners van die ses metropolitaanse munisipaliteite, 231 plaaslike munisipaliteite en 20 distriksbestuursareas (DBA's) in Suid-Afrika.

  • Die ANC (groen) het 5 metropolitaanse- en 198 plaaslike munisipaliteite (koalisies in liggroen) gewen.
  • Die IVP (rooi) het 26 plaaslike munisipaliteite (koalisies in pienk) gewen.
  • Die DA (blou) het een metropolitaanse en 6 plaaslike munisipaliteite (koalisies in ligblou) gewen.
  • Die Laingsburg Gemeenskapsparty (grys) het slegs die Laingsburg Plaaslike Munisipaliteit gewen.

Per distrik wysig

Nelson Mandelabaai wysig

In die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit het die ANC sy meerderheid behou in die metropolitaanse regering met Nondumiso Maphiza wat Nceba Faku opgevolg het as burgemeester van die munisipaliteit; Maphazi is ook die eerste vroulike burgemeester van die munisipaliteit. Die ANC het 81 setels gekry met 66.53% van die stemme. Die DA het 30 setels gekry, die OD drie en die ander ses setels is deur kleiner partye gekry (waaronder die VF+, ACDP, PAC en UIF).[3]

Cacadu wysig

In die Cacadu-distriksmunisipaliteit het die ANC beheer gekry oor die Makana-, Kouga-, Ndlambe-, Camdeboo-, Sondagsriviervallei-, Bloukraanroete-, Kou-Kamma- en Ikwezi- gewen terwyl ’n koalisie van partye die Baviaans Plaaslike Munisipaliteit gewen het.

Johannesburg wysig

In die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit het die ANC sy meerderheid behou in die metropolitaanse regering en die burgemeester, Amos Masondo, is vir nog ’n termyn as burgemeester ingehuldig.

Tshwane wysig

In die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit het die ANC sy meerderheid behou in die metropolitaanse regering met Gwn Ramokgopa, voormalige Gautengse LUR vir Gesondheid, wat Smangaliso Mkhatshwa as burgemeester opgevolg het; Ramokgopa is ook die eerste vroulike burgemeester van die munisipaliteit.

Ekurhuleni wysig

In die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit het die ANC sy meerderheid behou in die metropolitaanse regering en die burgemeester, Duma Moses Nkosi, is vir nog ’n termyn as burgemeester ingehuldig.

Sedibeng wysig

In die Sedibeng-distriksmunisipaliteit het die ANC die Emfuleni- en Lesedi Plaaslike Munisipaliteite gewen met die DA wat die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gewen het.

eThekwini wysig

In die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit het die ANC sy meerderheid behou in die metropolitaanse regering en die burgemeester, Obed Mlaba, is vir nog ’n termyn as burgemeester ingehuldig. Die ANC het hier met ’n geskatte 115,000 stemme toegeneem ten koste van die IVP, soos die geval was met verskeie ander dele van KwaZulu-Natal.[4]

Kaapstad wysig

In die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit was die DA die grootste party in die stadsraad met 90 van die 210 setels. Die tweede grootste party hier was die ANC met 81 setels maar geen party het die meerderheid gehad nie.[5] ’n Groep van kleiner partye (o.a. die VF+, ACDP en UDM) het ingestem om met 16 Setels met die DA saam te werk om ’n meerderheid te bewerkstellig en sodoende ’n veelpartyregering in die stad in te stel. Dit het ’n alliansie van die AND en OD uitgehou. In hierdie veelpartyregering het die DA die burgemeesterspos gekry, die ACDP die uitvoerende viseburgemeesterspos, die VF Plus die Speakerspos en die United Democratic Movement, Universele Party (UP) en die Afrika Moslemparty (AMP) het op die burgemeesterskomitee gedien. In Januarie 2007 is die AMP uit die veelpartyregering geskop omdat hy met die ANC saamgewerk het. Hiermee saam is die OD by die veelpartyregering betrek.

Weskus wysig

In die Weskus-distriksmunisipaliteit het die ANC die Matzikama-, Cederberg-, Bergrivier- en Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteite gewen met die DA wat die Swartland Plaaslike Munisipaliteit gewen het.

Overberg wysig

In die Overberg-distriksmunisipaliteit het die ANC die Theewaterskloof-, Kaap Agulhas- en Swellendam Plaaslike Munisipaliteite gewen met die DA wat die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit gewen het.

Eden wysig

In die Eden-distriksmunisipaliteit het die ANC die Kannaland-, Hessequa-, Knysna-, Oudtshoorn- en Bitou Plaaslike Munisipaliteite gewen terwyl ’n koalisie van partye die Mosselbaai- en George Plaaslike Munisipaliteite gewen het.

Sentraal Karoo wysig

In die Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit het die ANC die Beaufort-wes- en Prins Albert Plaaslike Munisipaliteite gewen met die Laingsburg Gemeenskapsparty wat die Laingsburg Plaaslike Munisipaliteit gewen het.

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 1,2 Independent Electorial Commission Official Results, 2006
  2. IFP disappointed by ANC’s gains in KwaZulu-Natal Business Today, 3 Maart 2006
  3. "ANC dominates its spiritual home". iafrica.com (in Engels). 3 Maart 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2006. Besoek op 12 Maart 2010.
  4. "'We will not take growing support for granted'". ANC Today. Vol. 6, no. 9. African National Congress. 10 Maart 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2009. Besoek op 12 Maart 2010.
  5. "Seat Calculation Summary: City of Cape Town" (PDF). Independent Electoral Commission. 2006. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2006. Besoek op 15 Maart 2006.

Eksterne skakels wysig