Suid-Afrikaanse Klas NG G13 2-6-2+2-6-2

Die Suid-Afrikaanse Klas NG G13 2-6-2+2-6-2 van 1927 is 'n reeks Suid-Afrikaanse stoomlokomotiewe van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.

NG G13 nr. 49 by Sandstone Estates, 9 April 2006

In 1927 en 1928 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë twaalf Klas NG G13 Garratt stoomlokomotiewe met 'n 2-6-2+2-6-2 "Dubbel Prairie"-tipe wieluitleg in diens geplaas [1]op die Langkloof en Alfred County Railway smalspoorlyne.

In 1927 het Hannover Maschinenbau AG (Hanomag), in oorleg met die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR), 'n lokomotief ontwerp wat die standaard 2 voet (610 mm) smalspoor Garratt-stoomlokomotief in Suid-Afrika vir die volgende veertig jaar sou word. Dit is 'n aansienlike verbetering van Klas NG G11, met agterwiele wat bygevoeg is aan elke enjineenheid, en buitestaaframe in plaas van plaatrame, rondebokant vuurkaste in plaas van Belpaire vuurkaste en groter afmetings in die meeste opsigte, behalwe in die stookarea.

Die eerste bestelling was vir drie Klas NG G13 lokomotiewe, genommer in die reeks van NG58 tot NG60, wat gelewer is en in diens geplaas in 1927. Hierdie lokomotiewe was oorverhitte modelle en beskik oor 'n uiters kompakte reëling van Walschaerts-klepratwerk en buite staaframe. Die gidswiele was geplaas as konvensionele poniestelle, terwyl die binneste drawiele volgens die Gölsdorfstelsel gebou is wat die as 'n effense sywaartse beweging toelaat. Verrigtingstoetse met die Klas NG G13 bewys dat dit beide 'n kragtige en vrylik stomende lokomotief is, ondanks die feit dat dit 'n kleiner vuurrooster as die voorganger Klas NG G11 het. Dit het gelei tot 'n onmiddellike bestelling vir nog twee lokomotiewe, nommers NG49 en NG50, en selfs voor hierdie gelewer was, nog sewe, genommer in die reeks van NG77 tot NG83. Die tweede en derde bestellings is beide in 1928 afgelewer.

Eksterne skakels wysig

Verwysings wysig

  1. Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1st ed.). Cape Town: Struik. pp. 10–11, 107. ISBN 0869772112.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki How vertaal.