Afrikasterkastaiing

(Aangestuur vanaf Sterculia africana)

Die Afrikasterkastaiing (Sterculia africana) is 'n klein, meerstammige boom wat in warm streke, dikwels aan die rand van mopaniebosveld, voorkom. Die boom kom veral in die noorde van Namibië en ook langs die Zambezivallei voor. Die blare is enkelvoudig in bondels naby die punte van die takkies gerangskik en die bas is silwer of soms bruinerig.

Afrikasterkastaiing
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. africana
Binomiale naam
Sterculia africana
(Lour.) Fiori, 1912
Sinonieme
  • Clompanus africana (Lour.) Kuntze
  • Clompanus arabica (T.Anderson) Kuntze
  • Sterculia abyssinica R.Br.
  • Sterculia arabica T.Anderson
  • Sterculia ipomoeifolia Garcke
  • Triphaca africana Lour.

Die boom se FSA-nommer is 474.[1]

Verspreiding wysig

Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Djiboeti, Eritrea, Ethiopië, Jemen, Malawi, Mosambiek, Namibië, Oman, Sokotra, Somalië, Soedan, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

Bronne wysig