Skip

groot voertuig wat gebruik word om op water te reis

'n Skip is 'n groot voertuig wat gebruik word om op water te reis. Dit is groter as 'n boot. Skepe word vir vervoer, reis, handel en oorlogvoering gebruik.

Die skip Queen Elizabeth 2
'n Tenkskip

Die belangrikste kenmerk van 'n skip is sy dryfvermoë, wat by waterverplasende skepe, die mees algemene skeepsvorm, deur die romp gelewer word. Die dryfvermoë word beïnvloed deur die vrag van die skip, en word aangedui deur die Plimsoll-lyn. Hierdie konstruksie sorg vir die sterkte en waterdigte afsluiting van 'n skip. Ander belangrike kenmerke is dat die skip homself moet kan voortbeweeg en gestuur kan word.

Tipe skepe wysig

Daar is verskeie tipes skepe, onder andere:

  • Olietenkskip, 'n handelskip wat ontwerp is om olie te vervoer.
  • Vliegdekskip, skip wat ontwerp is om as 'n drywende lugbasis te dien.
  • Seilskip, skip wat met windkrag aangedryf word
  • Slagskip, skip waarmee oorlog gevoer word.

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig