Die Sepik (Engels: Sepik River, vroeër Duits: Keiserin Augusta-rivier[1]) is met 'n lengte van 1 100 km (700 myl) een van die langste riviere op die eiland Nieu-Guinee, van die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee, asook van die kontinent Oseanië.

Sepik
Nasa-Satellietbeeld van die Sepik se monding in die Bismarcksee
Nasa-Satellietbeeld van die Sepik se monding in die Bismarcksee
Nasa-Satellietbeeld van die Sepik se monding in die Bismarcksee

Die stroomgebied van die Sepik

OorsprongViktor Emmanuel-bergreeks, Papoea-Nieu-Guinee
MondingPapoea-Nieu-Guinee
Bismarcksee
StroomgebiedIndonesië, Papoea-Nieu-Guinee
Lengte1 100 km (700 myl)
Oorspronghoogte2 170 m (7 119 voet)
Mondinghoogte0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop3 804 m³/s (134 337 ft³/s)
Stroomgebiedopp.77 700 km² (30 000 myl²)
'n Dorpie langs die Sepik

Die Sepik ontspring in die Viktor Emmanuel-bergreeks in Sentraal-Nieu-Guinee, net noord van die Fly se bron in die Westelike provinsie van Papoea-Nieu-Guinee. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting en raak die grens tot Indonesië. Vanaf hier vloei die Sepik in 'n noordoostelike rigting en mond sonder delta in die Bismarcksee uit.[2]

Die Sepik se omgewing is gekenmerk deur moerasse, reënwoud en berge. Dié rivier is in 1885 deur Duitsers vir Europa ontdek en ná keiserin Augusta, die vrou van die destydse keiser Wilhelm I van die Duitse Keiserryk genoem.

Verwysings wysig

  1. (de) Deutsches Koloniallexikon. Hrsg. von Heinrich Schnee. - Leipzig: Quelle & Meyer 1920. - 3 Bde
  2. "Sepik River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 21 Augustus 2017.

Eksterne skakels wysig