Sargans (die klemtoon val op die tweede sillabe) is 'n klein nedersetting met stadstatus (politische Gemeinde) in die Sarganserland-streek van die Switserse kanton St. Gallen. Sargans, wat op 'n hoogte van 480 m aan die voet van die Gonzen-bergmassief geleë is, bestaan uit die kernstad en die gehugte Vild, Ratell, Prod, Splee, Riet, Farb, Töbeli en Schwefelbad. In die ooste grens die stadsgebied aan die Ryn en die prinsdom Liechtenstein.[1]

Sargans
Stad
Sargans met die gelyknamige kasteel
Sargans met die gelyknamige kasteel
Amptelike seël van Sargans
Seël
Die munisipaliteit Sargans
Die munisipaliteit Sargans
Sargans is in Switserland
Sargans
Sargans
Ligging in Switserland
Koördinate: 47°02′00″N 09°26′00″O / 47.03333°N 9.43333°O / 47.03333; 9.43333Koördinate: 47°02′00″N 09°26′00″O / 47.03333°N 9.43333°O / 47.03333; 9.43333
LandVlag van Switserland Switserland
KantonSt. Gallen
KiesafdelingSarganserland
Oppervlak
 • Totaal9,48 km2 (3,66 vk. myl)
Hoogte
480 m (1 570 ft)
Bevolking
 • Totaal5 779
 • Digtheid609,6/km2 (1 579/vk. myl)
TydsoneUTC+1:00 (MET)
 • SomertydUTC+2:00 (MEST)
Poskode
7320
Webwerfwww.sargans.ch

Weens sy strategiese ligging naby die Ryn- en Seezvallei het Sargans tot 'n verkeersknooppunt ontwikkel. Vandag dien die stad as die ekonomiese, kulturele en opvoedkundige sentrum van die Sarganserland.

Die kasteel Sargans is die simbool en belangrikste besienswaardigheid in die stad wat die Museum Sarganserland huisves. Die museum is in 1984 as die "Museum van die jaar in Europa" met 'n prys bekroon en in 1987 as een van die 37 mees besienswaardige musea ter wêreld gelys. 'n Ander toeristelokpunt is die ou Gonzenmyn wat as mynmuseum vir die publiek toeganklik is.

Verwysings wysig