Samestelling

(Aangestuur vanaf Samestelling (taalkunde))

In die taalkunde is 'n samestelling of kompositum die vorming van ’n komplekse woord wat uit twee stamme bestaan. Die dele van samestellings in Afrikaans word in die reël vas geskryf.[1]

Die dele waaruit samestellings bestaan, kan tot verskillende woordsoorte behoort. Die volgende patrone word onderskei:

KategorieVoorbeelde
naamwoord + naamwoord (die kategorie wat verreweg die grootste groep samestellings in Afrikaans vorm)arbeidswetgewing, blombedding, deurmat, reddingsboei, skroewedraaier
naamwoord + voornaamwoordJan-hulle, oom-hulle
naamwoord + setselbekaf, dagin en daguit, padlangs, raadop, pootuit, straataf
naamwoord + werkwoordasemskep, perdry, pretloop, ysskaats
naamwoord + byvoeglike naamwoordgebruikersvriendelik, hondsiek, kiemvry, vuurvas
naamwoord + deelwoordsneeubedek, uitkomsgebaseer/uitkomsgebaseerd
werkwoord + werkwoordbrandmerk, hangsweef, stortreën
werkwoord + byvoeglike naamwoordkraakvars, stinkryk
werkwoord + naamwoordbaaikostuum, eetgoed, gloeilamp, kookwater, smeerkaas
byvoeglike naamwoord + naamwoordblouaap, geelwortel, oukêrel (pa), stywepap
byvoeglike naamwoord + byvoeglike naamwoordblougroen, domastrant, ligblou
byvoeglike naamwoord + werkwoordblinkvryf, rofstoei
bywoord / byvoeglike naamwoord + setselandersom, langsaan, regop, voluit, vooroor
bywoord + werkwoordbinnekom, neerslaan, teregwys, wegspring
setsel + werkwoordaanbied, afdank, inteel, teenwerk
setsel / bywoord + naamwoordagterdeur, deurpad, voorarm
telwoord + naamwoordduisendpoot, tienkamp, tweegesig, vyftal
bywoord + naamwoordagterblad, bykos
setsel + setseltussendeur

Let wel:

  • Samestellings kan natuurlik uit meer as twee woorddele bestaan, soos blouoognooi, lugdienspersoneel, groenvyekonfyt, tweerigtingskakelaar, kernkragsentrale, weervoorspellingsprogram.
  • Reduplikasies of herhalingsamestellings word met 'n koppelteken geskryf, soos bietjie-bietjie, een-een, lag-lag, plek-plek, speel-speel, stil-stil.
  • Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer as eerste lid word met 'n koppelteken geskryf: A-span, B-mol, 100 W-gloeilamp, IK-toets, MBA-student, 1994-verkiesing, 80%-kans, 50c-stuk.
    Duits is net soos Afrikaans, 'n taal waarin vele endosentriese samestellings voorkom. Hierbo is die Duitse woord virr 'rioolwatersuiweringsinstallasie'.

Tesame met affikse, speel samestellings ’n groot rol wanneer dit kom by Afrikaanse woordvorming.[2]

  • Die kern: Die kern is die deel wat die hoofbetekenis van die woord dra en tesame met die bepaler – die deel wat die hoofbetekenis uitbrei – vorm die twee stamme van die samestelling. Die konsep van ‘n kern is noodsaaklik om die verskil tussen endo- en eksosentriese samestellings te verstaan.
  • Endosentriese samestelling is ’n kompositum waar die kern ingesluit is in die woord.
  • Eksosentriese samestelling is wanneer die kern buite die woord geleë is bv; swart + kop is nie ’n soort kop nie, maar eerder ’n persoon met swart hare.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2017. Afrikaanse woordelys en spelreëls. Kaapstad: Pharos.
  2. Carstens, W.A.M. & Bosman, N., reds. 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.