Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit

Saldanhabaai
Kaart van Suid-Afrika wat Saldanhabaai in Wes-Kaap aandui
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitWeskus
TipePlaaslike Munisipaliteit
Munisipale kodeWC014
BurgemeesterAndré Truter (DA)
HoofstadVredenburg
Grootste taleAfrikaans, Xhosa, Engels
Area2 015 km²  
Bevolking99,193 (2011)

Die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Weskus-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Lugfoto van Saldanhabaai se ysterertshawe

Uitslag van munisipale verkiesings wysig

Vanweë 'n toename in die gebied se bevolking is die getal raadsetels voor die munisipale verkiesing van 2016 met drie van 24 tot 27 vermeerder.

Party201120162021
ANC886
COPE10
DA151713
Good4
EFF011
Saldanhabaai Inwonersalliansie01
PA1
VF+01
Cape Coloured Congress1

Nedersettings wysig

Nedersettings in die munisipaliteit:

Wapen en vlag wysig

Die munisipale raad het in 2004 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : Geboe deursnede en geknobbel na benede silwer en groen, op die hartpunt 'n Weskus-visserskuit in vooraansig van natuurlike kleur en in die skildvoet 'n Khoisan-kleipot van natuurlike kleur, opwaarts uitkomend uit sy flanke twee goue Namakwalandse madeliefies, rooi gesaad; op 'n blou skildhoof drie uitkomende silwer Karoogewels. Die helmteken is 'n swart adelaar uitkomend uit 'n goue muurkroon en die wapenspreuk is "Ubi concordia ubi victoria".[1]

Die raad het terselfdertyd 'n vlag, met dieselfde ontwerp as die wapenskild, ook geregistreer.[1][2]

Verwysings wysig