Rugbywêreldbeker 2027

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport

Die Rugbywêreldbeker 2027 (Engels: 2027 Rugby World Cup) word van 1 Oktober tot 13 November 2027 in Australië beslis. Dit is die elfde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die vyfde in die Suidelike Halfrond. Australië het saam met Nieu-Seeland die eerste Rugbywêreldbeker 1987 gehuisves, asook die Rugbywêreldbeker 2003 op sy eie.

Rugbywêreldbeker 2027
Toernooibesonderhede
GasheerVlag van Australië Australië
Datums1 Oktober – 13 November
Aantal nasies24
Finale posisies
Toernooistatistiek
2023
2031
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word

Vir die eerste keer sal 24 nasionale rugbyspanne vanuit verskeie lande aan die Rugbywêreldbeker 2027 kan deelneem, nadat die aantal deelnemers ná die 2023-toernooi van 20 verhoog is.[1] Die Suid-Afrikaanse Springbokke is die verdedigende kampioen nadat hulle in 2023 hul vierde titel ingepalm het.

Toewysing wysig

Wêreldrugby het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 12 Mei 2022 aangekondig. Die proses om met voornemende lande te onderhandel het in Februarie 2021 begin en die formele kandidaatproses drie maande later. Die oorblywende gasheerlande is in Februarie 2022 aangekondig.[2]

Wêreldrugby se voorsitter Bill Beaumont het in laat 2018 voorgestel dat die gasheer van die Rugbywêreldbeker ná die 2023-toernooi in Frankryk ’n opkomende nasie behoort te wees.[3] Wêreldrugby se hoof- uitvoerende beampte Brett Gosper het in 2019 ook voorgestel dat Wêreldrugby beide die 2027- en 2031-toernooie saam sal toewys (soos hulle met Engeland 2015 en Japan 2019 gedoen het), waardeur hulle “’n dapper besluit en ’n tradisionele besluit” sal kan maak.[4] Gosper het verder voorgestel dat “2031 tyd sal gun vir ’n Amerikaanse bod om baie geloofwaardig en sterk te wees.”[4] Die gashere vir die 2027- en 2031-toernooie is in Mei 2022 bekend gemaak.[5]

Die feit dat drie agtereenvolgende toernooie (Engeland 2015, Japan 2019 en Frankryk 2023) in die Noordelike Halfrond beslis is, het die lande in die Suidelike Halfrond se posisie versterk.[6]

Tot in Junie 2019 het drie lande – Argentinië, Australië en Rusland – aangekondig dat hulle die Rugbywêreldbeker 2027 wil aanbied.[7][8] Vermoede het bestaan dat beide die Verenigde State en Suid-Afrika beplan het om die toernooi te huisves, maar die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het bekend gemaak dat hulle nie beplan om vir nóg die 2027- nóg die 2031-toernooi aansoek te doen nie.[9] Argentinië het sy bod in April 2020 teruggetrek, waarvolgens daar twee kandidaatlande oor was.[10] Op 10 Junie 2021 is VSA Rugby amptelik aanvaar as ’n kandidaatland vir beide die 2027- en 2031-toernooie, asook die Rugbywêreldbeker vir vroue 2029.[11] Tydens ’n spesiale vergadering van Wêreldrugby op 12 Mei 2022 in Dublin is die Rugbywêreldbeker 2027 aan Australië toegewys en die Rugbywêreldbeker 2031 aan die Verenigde State.[12]

Belangstelling aangekondig wysig

Australië wysig

Rugby Australia het op 13 Desember 2017 aangekondig dat Australië vir die Rugbywêreldbeker 2027 sal aansoek doen.[13] Australië het voorheen saam met Nieu-Seeland die Rugbywêreldbeker 1987 en die Rugbywêreldbeker 2003 op sy eie aangebied.

Aansoek teruggetrek wysig

Argentinië wysig

Argentinië het op 5 Oktober 2016 aangekondig dat dit vir die Rugbywêreldbeker 2027 sal aansoek doen, maar sy aansoek in April 2020 teruggetrek. Argentinië het dié toernooi nog nooit gehuisves nie en Wêreldrugby se voorsitter Bill Beaumont het aangekondig dat hy aansoeke van lande soos Argentinië sou ondersteun.[14] Argentinië is die enigste land wat die halfeindstryd van ’n rugbywêreldbekertoernooi gehaal het, maar nog nooit wedstryde van dié toernooi aangebied het nie.[15] In April 2020 het Argentinië sy aansoek teruggetrek om die Australiese aansoek ’n hupstoot te gee, waarvolgens Australië die gunstelinggasheer vir die Rugbywêreldbeker 2027 was.[10][16]

Rusland wysig

Stanislaf Droezhinin van die Russiese Rugbyunie het op 31 Mei 2019 aangekondig dat Rusland vir die Rugbywêreldbeker 2027 sal aansoek doen. Rusland wou van sy FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018-stadions vir dié toernooi gebruik.[17][18] Die Russiese President Wladimir Poetin het Rusland se aansoek vir die Rugbywêreldbeker 2027 ondersteun.[19]

Die Russiese Rugbyunie kon nie met sy aansoek voortgaan nie aangesien CAS op 17 Desember 2020 Rusland vir twee jaar verbied het om enige belangrike sporttoernooi aan te bied.[20]

Deelnemers wysig

24 spanne mag aan die Rugbywêreldbeker 2027 deelneem. Naas die gasheer Australië, wat ook deur sy derde plek in die groepfase van die Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer het, het ook die agt deelnemers aan die kwarteindrondte en ander drie derdeplek-spanne van die 2023-groepfase vir die Rugbywêreldbeker 2027 gekwalifiseer. Die volgende twaalf spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2027 gekwalifiseer: Suid-Afrika as verdedigende kampioen, Nieu-Seeland as naaswenner, Engeland as derde plek, Argentinië as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Fidji, Frankryk, Ierland en Wallis, asook die derde plekke van die groepfase Australië, Italië, Japan en Skotland.[21]

Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Twaalf beste spanne van die 2019-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasie
AustraliëGasheerElfde2023Kampioen (1991, 1999)
ArgentiniëRegstreeksElfde2023Derde plek (2007)
EngelandElfde2023Kampioen (2003)
FidjiTiende2023Kwarteindrondte (1987, 2007, 2023)
FrankrykElfde2023Naaswenner (1987, 1999, 2011)
  IerlandElfde2023Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011, 2015, 2019, 2023)
ItaliëElfde2023Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015, 2019, 2023)
JapanElfde2023Kwarteindrondte (2019)
Nieu-SeelandElfde2023Kampioen (1987, 2011, 2015)
SkotlandElfde2023Vierde plek (1991)
Suid-AfrikaNegende2023Kampioen (1995, 2007, 2019, 2023)
WallisElfde2023Derde plek (1987)

Stadions wysig

Rugby Australia het twaalf Australiese stadions in nege stede op die kortlys vir die Rugbywêreldbeker 2027 geplaas.

Sydney, Nieu-Suid-WallisBrisbane, QueenslandPerth, Wes-AustraliëMelbourne, Victoria
Stadium AustraliaLang ParkPerth-stadionDocklands-stadion
Kapasiteit: 83 500Kapasiteit: 52 500Kapasiteit: 65 000Kapasiteit: 56 347
Sydney, Nieu-Suid-WallisMelbourne, Victoria
Sydney VoetbalstadionMelbourne Reghoekige Stadion
Kapasiteit: 45 000Kapasiteit: 33 000
Parramatta, Nieu-Suid-WallisAdelaide, Suid-Australië
Wes-Sydney-stadionAdelaide-ovaal
Kapasiteit: 30 000Kapasiteit: 53 583
Newcastle, Nieu-Suid-WallisGoudkus, QueenslandCanberra, Australiese HoofstadgebiedTownsville, Queensland
Newcastle Internasionale SportsentrumRobina-stadionCanberrastadionNoord-Queensland-stadion
Kapasiteit: 30 500Kapasiteit: 27 400Kapasiteit: 25 011Kapasiteit: 25 000

Formaat wysig

Die Rugbywêreldbeker 2027 is die eerste toernooi wat deur 24 pleks van 20 spanne oor ses weke beslis sal word. Die spanne word in ses groepe van vier elk verdeel. Vir die eerste keer sal ’n agtste eindrondte gespeel word, waarna die wêreldkampioen in die uitklopfase bepaal word.[22][23]

Die loting vir die groepfase sal in Januarie 2026 plaasvind.[24]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) "Rugby World Cup 2027 expanded to 24 teams". Wêreldrugby. 24 Oktober 2023. Besoek op 11 April 2024.
  2. (en) Joe Reedy (14 Augustus 2020). "USA Rugby considering bid for Rugby World Cup 2027". Stuff. Besoek op 11 April 2024.
  3. (en) "Australia and South Africa could miss out on 2027 Rugby World Cup as Bill Beaumont says another emerging nation could host tournament". Fox Sports Australia. 20 September 2018. Besoek op 11 April 2024.
  4. 4,0 4,1 (en) Alex Bell (26 September 2019). "Rugby World Cup in sights of United States". www.insidethegames.biz. Besoek op 11 April 2024.
  5. (en) "Rugby World Cup 2027 and 2031 hosts to be announced in May 2022". Rugby Addict. 13 Augustus 2020. Besoek op 11 April 2024.
  6. (en) Neville Conor (15 November 2017). "Why France win was the worst possible result for Ireland". RTÉ Sport. Besoek op 11 April 2024.
  7. (en) "Australia to bid for 2027 Rugby World Cup and 2021 women's tournament". The Guardian. 13 Desember 2017. Besoek op 11 April 2024.
  8. (en) "Argentina announces 2027 Rugby World Cup bid". Rugby Australia. 5 Oktober 2016. Besoek op 11 April 2024.
  9. (en) James Richardson (16 Augustus 2020). "South Africa will not bid for 2027 or 2031 Rugby World Cup – Reports". The South African. Besoek op 11 April 2024.
  10. 10,0 10,1 (en) Nick Mulvanney (16 April 2020). "Argentina ready to abandon 2027 Rugby World Cup bid making Australia strong favourites to host tournament". The Independent. Besoek op 11 April 2024.
  11. (en) "USA accepted as bid candidate for Rugby World Cup 2027, 2029 and 2031; committee to begin campaign following positive feasibility study". VSA Rugby. 10 Junie 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2021. Besoek op 10 Junie 2021.
  12. (en) "Rugby World Cup host locations confirmed through to 2033". Wêreldrugby. 12 Mei 2022. Besoek op 11 April 2024.
  13. (en) "Australia bidding for 2027 Rugby World Cup". Special Broadcasting Service. 13 Desember 2017. Besoek op 11 April 2024.
  14. (en) Mick Cleary (17 November 2017). "I will not resign, insists beleaguered Bill Beaumont in the eye of World Cup storm". The Telegraph. Besoek op 11 April 2024.
  15. (en) Paul Tait (25 April 2017). "RWC 2027 in Argentina will cost US$200 million". Americas Rugby News. Besoek op 11 April 2024.
  16. (en) Nancy Gillen (16 April 2020). "Argentina withdraw 2027 Rugby World Cup bid to strengthen Australian campaign". insidethegames.biz. Besoek op 11 April 2024.
  17. (en) "Russia To Bid To Host RWC 2027". 6 Oktober 2019. Besoek op 11 April 2024.
  18. (ru) Elena Djachkowa (31 Mei 2019). "Федерация регби России может подать заявку на проведение КМ-2027". Ria. Besoek op 11 April 2024.
  19. (en) Rachel Mackie (29 Julie 2020). "Vladamir Putin has backed Russian bid to host the 2027 Rugby World Cup". Scotsman. Besoek op 11 April 2024.
  20. (ru) "Россия не сможет претендовать на проведение Кубка мира по регби из-за решения CAS". Tass. 30 Maart 2021. Besoek op 11 April 2024.
  21. (en) "England among 12 teams to automatically qualify for 2027 Rugby World Cup". Ruck. 14 Oktober 2023. Besoek op 11 April 2024.
  22. (en) "Rugby World Cup to be expanded to 24 teams, Nations Cup confirmed". RTE. 24 Oktober 2023. Besoek op 11 April 2024.
  23. (en) "Rugby World Cup 2027 expanded to 24 teams". rugbyworldcup.com. 24 Oktober 2023. Besoek op 11 April 2024.
  24. (en) "2027 Rugby World Cup in Australia expanding to 24 teams with shorter schedule". Associated Press. 24 Oktober 2023. Besoek op 11 April 2024.

Eksterne skakels wysig


Rugbywêreldbeker

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031