Rugbywêreldbeker 1987

Die Rugbywêreldbeker 1987 (Engels: 1987 Rugby World Cup; Maori: Ipu o te Ao Whutupōro 1987) is van 22 Mei tot 20 Junie 1987 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die eerste rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word.

Rugbywêreldbeker 1987
Toernooibesonderhede
GasheerVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Australië Australië
Datums22 Mei – 20 Junie
Aantal nasies16
Finale posisies
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Naaswenner Vlag van Frankryk Frankryk
Derde plek Vlag van Wallis Wallis
Toernooistatistiek
Wedstryde32
Bywoning604 500 (gem. 18 891 per wedstryd)
Drieë224 (gemiddeld 7 per wedstryd)
Meeste punteVlag van Nieu-Seeland Grant Fox (126)[1]
Meeste drieëVlag van Nieu-Seeland Craig Green
Vlag van Nieu-Seeland John Kirwan (6 drieë elk)[2]
← Geen
1991
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1987 deelgeneem: Die destydse sewe lede van die IRVR (Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die voorste nielede wat deur die IRVR genooi is (Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe). Vir Wes-Samoa is ondanks ’n beter speelkwaliteit in vergelyking met sommige van die genooide nasionale rugbyspanne nie ’n uitnodiging gestuur nie. Die Sowjetunie is wel genooi om aan die toernooi deel te neem, maar hulle het weens Suid-Afrika se lidmaatskap by die IRVR dié aanbod verwerp.[3] Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1987 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1991 in die destydse Vyfnasies gekwalifiseer.

Nieu-Seeland het die eindstryd op Edenpark in Auckland teen Frankryk met 29–9 gewen en sodoende die eerste rugbywêreldkampioen geword.[4] Wallis het in die derde en Australië in die vierde plek geëindig; interessant genoeg het die vier groepwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig. Die kwarteindstryd wat Frankryk teen Australië met 30–24 gewen het, word as een van die beste wedstryde in die rugbywêreldbekergeskiedenis beskou.[5]

Toewysing

Aan die begin van die 1980’s het die idee van ’n rugbywêreldbekertoernooi opgedaag, maar tydens ’n vergadering van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) is dié voorstel verwerp. Die Australiese en Nieu-Seelandse beheerliggame het vervolgens – onafhanklik van mekaar – ’n brief vir die IRVR geskryf, waarin hulle op die aanbieding van ’n rugbywêreldbekertoernooi aangedring het. 1985 is die voorstel, ten spyte van veral Britse en Ierse weerstand, goedgekeur. Vervolgens is aan Australië en Nieu-Seeland die Rugbywêreldbeker 1987 toegewys. Die beslissende stem was van Suid-Afrika wat die projek ten spyte van die voortgesette boikot teen die land weens apartheid ondersteun het.[6]

Deelnemers

Die sewe lede van die IRVR het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1987 gekwalifiseer: Die twee gashere Australië en Nieu-Seeland, die vier tuisnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis asook Frankryk. Die IRVR-lid Suid-Afrika is in 1984 weens sy apartheidsbeleid van die beplande toernooi geskors; nasionale rugbyspanne van ander deelnemende lande het egter ook ná die Rugbywêreldbeker 1987 wedstryde teen die Springbokke gespeel. Vir die oorblywende nege plekke is nie ’n kwalifisering gehou nie. Die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe is deur die IRVR genooi om deel te neem. Wes-Samoa is egter nie genooi nie, ten spyte van sy beter plasing op die destydse nieamptelike wêreldranglys bo Tonga. Die Sowjetse nasionale rugbyspan is ook vir die toernooi genooi, maar hulle het die aanbod uit protes teen die Suid-Afrikaanse IRVR-lidmaatskap verwerp. Vervolgens het Roemenië die Sowjetunie vervang.

Spanne wat genooi is; altesaam 16 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Uitslag van die kwalifisering:

   Gashere

   Lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR)

   Uitgenooi deur die IRVR

   Plaasvervanger ná die Sowjetunie se weiering

   Nie deelgeneem nie

SpanKwalifiseringmetodeVorige beste prestasieGroep
AustraliëGashereDebuut1
Nieu-Seeland3
EngelandVolle lede1
Frankryk4
  Ierland2
Skotland4
Wallis2
ArgentiniëUitgenooi3
Kanada2
Fidji3
Italië3
Japan1
Roemenië4
Tonga2
Verenigde State1
Zimbabwe4

Stadions

Australië het elf wedstryde op twee verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 21 wedstryde op nege plekke aangebied het.

Auckland, NoordeilandWellington, NoordeilandChristchurch, SuideilandDunedin, Suideiland
EdenparkAthletic ParkLancasterparkCarisbrook
36°52′30″S 174°44′41″O / 36.87500°S 174.74472°O / -36.87500; 174.74472 (Edenpark)41°19′2″S 174°46′37″O / 41.31722°S 174.77694°O / -41.31722; 174.77694 (Athletic Park)43°32′31″S 172°39′15″O / 43.54194°S 172.65417°O / -43.54194; 172.65417 (Lancasterpark)45°53′37″S 170°29′26″O / 45.89361°S 170.49056°O / -45.89361; 170.49056 (Carisbrook)
Kapasiteit: 48 000Kapasiteit: 39 000Kapasiteit: 36 500Kapasiteit: 35 000
Rotorua, Noordeiland
Rugbywêreldbeker 1987 (Australië)
Napier, Noordeiland
Rotorua Int’l StadionMcLeanpark
38°9′21″S 176°13′27″O / 38.15583°S 176.22417°O / -38.15583; 176.22417 (Rotorua Internasionale Stadion)39°30′7″S 176°54′46″O / 39.50194°S 176.91278°O / -39.50194; 176.91278 (McLeanpark)
Kapasiteit: 35 000Kapasiteit: 30 000
Hamilton, NoordeilandBrisbane, Queensland
WaikatoBallymore
37°46′52″S 175°16′6″O / 37.78111°S 175.26833°O / -37.78111; 175.26833 (Waikatostadion)27°26′31″S 153°1′4″O / 27.44194°S 153.01778°O / -27.44194; 153.01778 (Ballymorestadion)
Kapasiteit: 30 000Kapasiteit: 24 000
Sydney, Nieu-Suid-WallisInvercargill, SuideilandPalmerston North, Noordeiland
Concord-ovaalRugby ParkShowgrounds-ovaal
33°52′6″S 151°6′34″O / 33.86833°S 151.10944°O / -33.86833; 151.10944 (Concord-ovaal)46°25′1″S 168°21′46″O / 46.41694°S 168.36278°O / -46.41694; 168.36278 (Rugby Park-stadion)40°21′24″S 175°36′4″O / 40.35667°S 175.60111°O / -40.35667; 175.60111 (Showgrounds-ovaal)
Kapasiteit: 20 000Kapasiteit: 30 000Kapasiteit: 20 000

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1987 is oor 29 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 22 Mei 1987 op Edenpark in Auckland met die openingswedstrydwedstryd tussen die medegasheer Nieu-Seeland en Italië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Junie met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Frankryk, waartydens die All Blacks die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1987 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Mei/Junie
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
So
31
Ma
1
Di
2
Wo
3
Do
4
Vr
5
SeremoniesOS
Groep 111112
Groep 211112
Groep 3111111
Groep 42112
Uitklopfase
Junie
Sa
6
So
7
Ma
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
SeremoniesSS
Uitklopfase1211111
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Groep 1Groep 2Groep 3Groep 4

Australië
Engeland
Japan
Verenigde State

Kanada
  Ierland
Tonga
Wallis

Argentinië
Fidji
Italië
Nieu-Seeland

Frankryk
Roemenië
Skotland
Zimbabwe

Die groepwedstryde is onder die twee gashere soos volg verdeel:

  • Groep 1 is in Australië aangebied
  • Van Groep 2 is vyf wedstryde in Nieu-Seeland en een wedstryd in Australië aangebied
  • Groep 3 is in Nieu-Seeland aangebied
  • Groep 4 is in Nieu-Seeland aangebied

Groepfase

Die eerste Rugbywêreldbekertoernooi is deur 16 nasionale rugbyspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens gedrukte drieë gerangskik, in plaas van die punte wat total aangeteken is (sou dit anders gewees het, sou Argentinië in Groep C tweede geëindig het, bo Fidji; Frankryk sou steeds Groep D eerste afgesluit het).

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal gedrukte drieë bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1987-effek op 1991-kwalifisering

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1991 in Engeland gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis.

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 14 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1991.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1991 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Australië330010841+67186
Engeland320110032+68154
Verenigde State31023999–6052
Japan300348123–7570

Groep 2

Die Kanadese nasionale rugbyspan tydens die Rugbywêreldbeker 1987
SpanSWGVP vP t+/−D vP
Wallis33008231+51136
  Ierland32018441+43114
Kanada31026590–2572
Tonga30032998–6930

Groep 3

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Nieu-Seeland330019034+156306
Fidji310256101–4562
Italië310240110–7042
Argentinië31024990–4152
  • Fidji het gekwalifiseer op grond van die meeste drieë (Fidji 6, Italië 5, Argentinië 4)

Groep 4

SpanSWGVP vP t+/−D vP
Frankryk321014544+101255
Skotland321013569+66225
Roemenië310261130–6952
Zimbabwe300353151–9850
  • Frankryk het gekwalifiseer as groepwenner nadat hulle drie drieë en Skotland twee drie tydens die gelykop met 20 elk gedruk het.

Uitklopfase

KwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
          
6 Junie – Christchurch    
  Nieu-Seeland 30
14 Junie – Brisbane
  Skotland 3 
  Nieu-Seeland 49
8 Junie – Brisbane
   Wallis 6 
  Wallis 16
20 Junie – Auckland
  Engeland 3 
  Nieu-Seeland 29
7 Junie – Auckland
   Frankryk 9
  Frankryk 31
13 Junie – Sydney
  Fidji 16 
  Frankryk 30Uitspeel om derde plek
7 Junie – Sydney
   Australië 24 18 Junie – Rotorua
  Australië 33
   Wallis  22
    Ierland 15 
  Australië 21

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1987
Nieu-Seeland

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1987.[10]

Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1987:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde Plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

RangSpanGroepSWGVPDrieëDoelskoppeStrafdoeleSkepdoele
1 Nieu-Seeland366002984330211
2 Frankryk46411215342681
3 Wallis26501126201153
4 Australië164021862620122
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Skotland44211138221660
6 Engeland14202103151170
7   Ierland2420299131072
8 Fidji34103728591
In die groepfase uitgeskakel
9 Kanada23102658381
10 Roemenië431026162110
11 Argentinië33102494390
12 Italië33102405142
13 Verenigde State13102395521
14 Zimbabwe43003535390
15 Japan13003487151
16 Tonga23003293150
Algeheel32162122414812815

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:[1]
NaamPunte
1 Grant Fox126
2 Michael Lynagh82
3 Gavin Hastings62
4 Didier Camberabero53
5 Jonathan Webb43
6 Guy Laporte42
7 Paul Thorburn37
8 Michael Kiernan36
9 Severo Koroduadua35
10 Hugo Porta33
Meeste drieë gedruk:[2]
NaamDrieë
1 Craig Green6
John Kirwan
3 Mike Harrison5
Matthew Burke
John Gallagher
David Kirk
Alan Whetton
8 John Jeffrey4
Matt Duncan
Hugo MacNeill
Alan Tait
Didier Camberabero
Ieuan Evans
Patrice Lagisquet
Laurent Rodriguez
David Campese
Denis Charvet

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 (en) "Rugby World Cup 1987: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 24 Januarie 2024.
  2. 2,0 2,1 (en) "Rugby World Cup 1987: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 24 Januarie 2024.
  3. (en) Alexander Fedorets (31 Julie 2007). "Russians target 2011 World Cup". Mail & Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 Oktober 2019.
  4. (en) "1987: Kiwis see off France in final". BBC. 24 September 2003. Besoek op 24 Januarie 2024.
  5. (en) "1987: France 30–24 Australia". BBC. 24 September 2003. Besoek op 24 Januarie 2024.
  6. (en) Steven Pye (11 September 2015). "We take the Rugby World Cup for granted but it nearly didn't exist". The Guardian. Besoek op 24 Januarie 2024.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 7,5 7,6 (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Tries scored: greater than or equal to 3". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
  8. (en) "New Zealand 49 Wales 6". Walliese Rugbyunie. 14 Junie 1987. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  9. (en) Winston Aldworth (14 Augustus 2011). "1987: A sending off that made Wallaby history". The New Zealand Herald. Besoek op 24 Januarie 2024.
  10. (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.

Verdere leesstof

  • (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
  • (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
  • (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakels


Rugbywêreldbeker

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031