Rook en oker

die tweede digbundel van Ingrid Jonker

Rook en oker is 'n digbundel van die Afrikaanse digter Ingrid Jonker wat in 1963 gepubliseer is. Dit is Jonker se tweede en laaste bundel wat tydens haar leeftyd verskyn en is sewe jaar ná haar debuut, Ontvlugting (1956), gepubliseer.[1] Tegnieke wat reeds in Ontvlugting aanwesig is, word verder in Rook en oker ontwikkel.[1] Jonker neem met Rook en oker 'n belangrike plek in Afrikaanse digkuns in[2] en haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde berus veral op enkele gedigte uit hierdie bundel.[1][3]

Rook en oker
SkrywerIngrid Jonker
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
GenrePoësie
UitgewerAfrikaanse Pers-Boekhandel
Uitgegee1963

Geskiedenis wysig

Rook en oker word in 1963 gepubliseer. Ná 'n gunstige resensie van Jan Rabie in die Cape Times word 700 eksemplare van die bundel spoedig verkoop.[4]

Toekennings wysig

  • Afrikaanse Pers-Boehandelprys

Resensies wysig

Bronne wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 1,2 Van Zuydam, S.W. "Ingrid Jonker (1933–1965)". Perspektief en profiel. Johannesburg: Afrikaanse Pers.
  2. Malherbe, F.E.J. (3 Julie 1964). "Ingrid Jonker: 'Rook en oker'". Die Huisgenoot.
  3. Lindenberg, E (1982). "Ingrid Jonker 1933–1965". Perspektief en profiel. Johannesburg: Afrikaanse Pers.
  4. Metelerkamp, Petrovna (30 April 2018). Ingrid Jonker: 'n Biografie. Penguin Random House South Africa. ISBN 1415209766.

Eksterne skakels wysig