Rooikat (sterrebeeld)

sterrebeeld

Die Rooikat (Latyn: Lynx) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim wat in die 17de eeu deur Johannes Hevelius geskep is. Dit is ’n baie dowwe sterrebeeld waarvan die helderste sterre ’n sigsag-lyn vorm.

Rooikat
Latynse naamLynx
GenitiefLyncis
AfkortingLyn
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming8h
Deklinasie45º
Grootte545 vk. grade (28ste)
KwadrantNQ2
Besonderhede
Hoofsterre4
Helderste sterAlpha Lyncis (α Lyn)
Naaste sterLHS 1963
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete5
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre42
Aangrensende sterrebeelde
Groot Beer, Kameelperd, Koetsier, Tweeling, Kreef, Leeu (hoek), Klein Leeu
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe wysig

Die enigste ster in die konstellasie met ’n naam is Alsciaukat, van die Arabiese woord vir "doring". Dit is ook bekend as 31 Lyncis of κ Lyncis.

Die sterreswerm NGC 2419, ook bekend as die Intergalaktiese Swerwer, is een van die verstes van die Aarde af. Dit lyk of dit in ’n wentelbaan om die Melkweg is – een omwenteling duur drie miljard jaar.

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig