Prins van Wallis

Prins van Wallis (Wallies: Tywysog Cymru) was ’n titel wat van die 12de eeu af gegee is aan prinse wat in Wallis gebore is; die term het die vroeëre gebruik van die woord koning vervang. Een van die laaste Walliese prinse, Llywelyn ap Gruffudd, is in 1282 in ’n veldslag deur koning Eduard I van Engeland verslaan. Dié se seun Eduard (wat in Caernarfon-kasteel in Wallis gebore is) is in 1301 aangewys as die eerste Engelse Prins van Wallis.

Prins van Wallis
Tywysog Cymru

William, die huidige Prins van Wallis.
William, die huidige Prins van Wallis.
Geskep12de eeu
Huidige houerPrins William
AanspreekvormKoninklike Hoogheid
TuisteAdelaide Cottage
Eerste Engelse houerPrins Eduard
StatusIn gebruik
Webtuistewww.princeofwales.gov.uk

Sedert die 14de eeu word die titel gegee aan die regmatige opvolger van die Britse monarg, maar as hy dit nie kry nie, het dit geen invloed op sy aanspraak op die troon nie. Die titel word as ’n persoonlike eerbewys aan die regmatige troonopvolger gegee en is nie oorerfbaar nie; as die prins koning word, word die titel vakant en kan dit aan iemand anders toegeken word. Die titel Graaf van Chester word altyd saam met die titel Prins van Wallis toegeken. Hy het gewoonlik ook ander titels.

Die huidige Prins van Wallis is prins William, die oudste seun van die vorige titelhouer, koning Charles III. Die vrou van die prins is geregtig op die titel Prinses van Wallis. Charles se eerste vrou, Diana, het dit gebruik, maar sy tweede vrou, Camilla, het eerder die titel Hertogin van Cornwall gebruik (of van Rothesay as sy in Skotland was)[1] omdat die ander titel so algemeen met Diana verbind is. Prins William se vrou, Catherine, gebruik weer die titel.

Die Prins van Wallis is die regmatige opvolger van die Britse monarg. Geen amptelike openbare rol of verantwoordelikheid gaan saam met die titel of sy posisie as regmatige troonopvolger nie.

Regmatige opvolger versus vermoedelike opvolger wysig

Die titel word net aan die regmatige opvolger (heir apparent) gegee – iemand wat nie deur enige toekomstige geboorte as eerste aanspraakmaker op die troon vervang kan word nie. Die opvolging was altyd volgens eersgeboortereg en manlike voorkeur, wat beteken die regmatige opvolger was die regerende monarg se oudste seun of as hy oorlede was, sý oudste seun, ensovoorts. As die monarg se oudste seun sonder kinders dood is, het die monarg se tweede oudste seun die titel gekry, ensovoorts. ’n Dogter van ’n regerende monarg wat die eerste aanspraakmaker op die troon was, was nooit die regmatige opvolger nie omdat sy vervang kon word as die koning in die toekoms ’n seun sou kry. Sy was die vermoedelike opvolger (heir presumptive).

Brittanje het in 2011 saam met ander lande van die Statebond die Perth-ooreenkoms onderteken wat veranderings voorstel aan die opvolgingswette, insluitende om opvolging te verander volgens eersgeboortereg ongeag geslag.[2] ’n Wet in dié verband is op 25 April 2013 in Brittanje aanvaar[3] en het op 26 Maart 2015 in werking getree[4] – in Brittanje sowel as die res van die Statebond.[5] Geen vrou het nog die titel Prinses van Wallis uit eie reg gehad nie.

Omdat die titel Prins van Wallis nie outomaties toegeken word nie, is daar tye wat daar niemand met dié titel is nie, soos tydens die bewind van koning George VI, wat geen seuns gehad het nie. Prinses Elizabeth was die vermoedelike troonopvolger en het dus nie die titel Prinses van Wallis gehad nie. Daar was ook in die eerste jare van haar bewind niemand met die titel nie; prins Charles het dit eers in 1958 op negejarige ouderdom gekry.

Lys van Prinse van Wallis wysig

As onafhanklike titel wysig

Ook Prins van Gwynedd en van Aberffraw, Lord van Snowdon
PersoonNaamErfgenaam vanGeboreKry titelNie meer Prins van WallisOorlede
Dafydd ap Llywelynseun van Llywelyn ab Iorwerthc. April 121211 April 1240; eerste aangetekende gebruik in 124425 Februarie 1246
Llywelyn ap GruffuddOnbekend
seun van Gruffydd ap Llywelyn
c. 1223Volg Dafydd op in 1246 as Prins van Gwynedd; gebruik titel Prins van Wallis vanaf 1258; deur Hendrik III erken op 29 September 126711 Desember 1282
sterf op slagveld
Dafydd ap Gruffyddbroer van Llywelyn ap Gruffuddc. 123811 Desember 12823 Oktober 1283
by Shrewsbury tereggestel

As titel van die Engelse of Britse regmatige troonopvolger wysig

PersoonNaamErfgenaam vanGeboreWord regmatige opvolgerKry titelNie meer Prins van WallisOorlede
Eduard van CarnarvonEduard I25 April 128419 Augustus 12847 Februarie 1301[6]7 Julie 1307
bestyg troon as Edward II
21 September 1327
Eduard van Woodstock, die Swart PrinsEduard III15 Junie 133012 Mei 1343[6]8 Junie 1376
oorlede
Richard van Bordeaux6 Januarie 13678 Junie 137620 November 1376[6]22 Junie 1377
bestyg troon as Richard II
14 Februarie 1400
Hendrik van MonmouthHendrik IV16 September 138730 September 139915 Oktober 1399[6]21 Maart 1413
bestyg troon as Hendrik V
31 Augustus 1422
Eduard van WestminsterHendrik VI13 Oktober 145315 Maart 1454[6]11 April 1471
pa afgesit
4 Mei 1471
oorlede
Eduard van YorkEduard IV4 November 147011 April 147126 Junie 1471[6]9 April 1483
bestyg troon as Eduard V
1483?
Edward van MiddlehamRichard III147326 Junie 148324 Augustus 1483[6]31 Maart of
9 April 1484
oorlede
Arthur TudorHendrik VII20 September 148629 November 1489[6]2 April 1502
oorlede
Hendrik Tudor28 Junie 14912 April 150218 Februarie 1504[6]21 April 1509
bestyg troon as Hendrik VIII
28 Januarie 1547
Eduard TudorHendrik VIII12 Oktober 1537[6]28 Januarie 1547
bestyg troon as Eduard VI
6 Julie 1553
Henry Frederick StuartJakobus I19 Februarie 159424 Maart 16034 Junie 1610[6]6 November 1612
oorlede
Karel Stuart19 November 16006 November 16124 November 1616[6]27 Maart 1625
bestyg troon as Karel I
30 Januarie 1649
Karel StuartKarel I29 Mei 1630c. 1638–1641[6]30 Januarie 1649
titel afgeskaf;
bestyg later (1660) troon as Karel II
6 Februarie 1685
Jakobus Francis Eduard StuartJakobus II10 Junie 1688c. 4 Julie 1688[6]11 Desember 1688
pa afgesit
1 Januarie 1766
George AugustusGeorge I10 November 16831 Augustus 171427 September 1714[6]11 Junie 1727
bestyg troon as George II
25 Oktober 1760
Frederick LouisGeorge II1 Februarie 170711 Junie 17278 Januarie 1729[6]31 Maart 1751
oorlede
George William Frederick4 Junie 173831 Maart 175120 April 1751[6]25 Oktober 1760
bestyg troon as George III
29 Januarie 1820
George Augustus FrederickGeorge III12 Augustus 176219 Augustus 1762[6]29 Januarie 1820
bestyg troon as George IV
26 Junie 1830
Albert EdwardVictoria9 November 18418 Desember 1841[6]22 Januarie 1901
bestyg troon as Edward VII
6 Mei 1910
George Frederick Ernest AlbertEdward VII3 Junie 186522 Januarie 19019 November 1901[7]6 Mei 1910
bestyg troon as George V
20 Januarie 1936
Edward Albert Christian George Andrew Patrick DavidGeorge V23 Junie 18946 Mei 191023 Junie 1911[6]20 Januarie 1936
bestyg troon as Edward VIII;
later (1937) Hertog van Windsor
28 Mei 1972
Charles Philip Arthur GeorgeElizabeth II14 November 19486 Februarie 195226 Julie 19588 September 2022
word koning Charles III
Lewend
William Arthur Philip LouisCharles III21 Junie 19828 September 20229 September 2022TansLewend

Verwysings wysig

  1. Macdonald, Ken (18 Januarie 2017). "Duchess of Rothesay opens Rowett research building in Aberdeen". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2018.
  2. Laura Smith-Spark (28 Oktober 2011). "Girls given equal rights to British throne under law changes". CNN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2017. Besoek op 15 Julie 2012.
  3. Succession to the Crown Act. Parliament of the United Kingdom.
  4. Succession to the Crown Act 2013 (Commencement) Order 2015 at legislation.org.uk (Besoek op 30 Maart 2015)
  5. Statement by Nick Clegg MP, UK parliament website, 26 Maart 2015 (Besoek op 26 Maart 2015).
  6. 6,00 6,01 6,02 6,03 6,04 6,05 6,06 6,07 6,08 6,09 6,10 6,11 6,12 6,13 6,14 6,15 6,16 6,17 6,18 6,19 l Previous Princes. Amptelike webtuiste van die Prins van Wallis. Besoek op 15 Julie 2013.
  7. London Gazette, uitg. 27375, 9 November 1901, p. 7289

Eksterne skakels wysig