Padua

munisipaliteit in die Italiaanse

Padua (Italiaans: Padova, [ˈpaːdova]; Venesiaans: Pàdova) is 'n stad en comune (munisipaliteit) in Veneto, Noord-Italië. Dit is die administratiewe setel van die gelyknamige provinsie, met 'n bevolking van sowat 211 000 in 2018. Padua is sowat 30 km wes van Venesië teen die rand van die Po-riviervlakte geleë.

Padua
Comune di Padova
Pàdova

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Italië Italië
 Gewes Veneto
 ProvinsiePadua (PD)
 Koördinate45°24′N 11°52′O / 45.400°N 11.867°O / 45.400; 11.867Koördinate: 45°24′N 11°52′O / 45.400°N 11.867°O / 45.400; 11.867
 StigtingOudheid
 Oppervlakte: 
 - Totaal93,03 vk km
 Hoogte bo seevlak12−27 m
 Bevolking: 
 - Totaal (30 September 2018)211 073
 - Bevolkingsdigtheid2268,87/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeGematigde warm
en vogtige klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur12,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie2,2 / 23,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae845,8 mm
 BurgemeesterSergio Giordani
 Amptelike Webwerfpadovanet.it
Die fasade en hoofportaal van die Basiliek van Sint Antonius
Canale Piovego

Twee belangrike instellings druk al eeue lank hul stempel op die stad af. Die Universiteit van Padua wat in 1222 gestig is en van oudsher 'n sentrum van liberaliteit en vrye navorsing was wat aan hierdie instelling 'n hoë internasionale reputasie besorg het. Sy dosente het Galileo Galilei ingesluit. Tans is hier sowat 70 000 studente ingeskryf wat van die universiteit een van die voorste akademiese instellings in Italië maak.

Die Basiliek en bedevaartskerk van Sint Antonius (Basilica di Sant’Antonio) getuig van die streek se diep religieusiteit. Jaarliks stroom honderdduisende gelowiges uit alle wêreldhoeke op 13 Junie, die dag van Sint Antonius, na Padua om die heilige te vereer. Die magtige basiliek, wat aan hom gewy is (en waar sy tong as relikwie bewaar word), het tussen 1232 en 1310 volgens die voorbeeld van die Venesiaanse Sint Markusdomkerk ontstaan – met Romaanse, Gotiese en Bisantynse stylelemente. Die basiliek is van sewe ronde en een spits koepel voorsien, asook van twee skraal seshoekige kloktorings met 'n hoogte van 68 meter en twee kleiner torinkies.

Padua se 14de-eeuse fresco-siklusse is in 2021 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels wysig