Orkney snork nie! 2 (nog ’n moewie)

Orkney Snork Nie 2 is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1993 na afloop van die gelyknamige TV-reeks, Orkney Snork Nie en die rolprent, Orkney Snork Nie (Die Moewie) vrygestel is. Die rolprent se ondertitel is: Nog 'n Moewie.[1]

Orkney Snork Nie 2
RegisseurWillie Esterhuizen
MetZack du Plessis
Annette Engelbrecht
Sally Campher
Uitgereik24 Desember 1993
Speeltyd97 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
Voorafgegaan deurOrkney Snork Nie (Die Moewie)
IMDb-profiel

Genre wysig

Die rolprent is 'n lekkerlag komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.

Hoofrolspelers wysig

Storielyn wysig

In die rolprent ontaard 'n onskuldige Myn-kursus in Johannesburg in 'n dekadente orgie wanneer Hendrik en Spike die "jackpot" op Turfontein wen. Hulle vier hulle nuutgevonde rykdom in styl, maar verloor baie meer as wat hulle wen. Swendelaars beroof en bedrieg hulle. Die myn dank hulle af en hulle vrouens verbied hulle om huis toe te kom.

Sien ook wysig

Verwysings wysig