Numerologie

Numerologie (ook bekend as aritmomansie) is die geloof in 'n okkulte, goddelike of mistiese verhouding tussen 'n nommer en een of meer samevallende gebeure. Dit is ook die studie van die numeriese waarde, deur 'n alfanumeriese stelsel, van die letters in woorde en name. Dit word dikwels verbind met astrologie en ander soorte waarsêery.[2]

Numerorum mysteria (1591), 'n verhandeling oor numerologie deur Pietro Bongo. Sy invloedrykste werk in Europa.[1]

Geskiedenis wysig

Die term "aritmomansie" is afgelei van die Griekse woorde arithmos (nommer) en manteia (waarsêery). Die beteken dus die studie van waarsêery deur nommers.[3] Die woord dateer van die 1570's.[4]

Die praktyk om numeriese waardes aan woorde en name te gee en godsdienstige betekenis daaraan te heg dateer uit die oudheid. 'n Assiriese inskripsie uit die 8ste eeu v.C. oor Sargon II verklaar: "Die koning het die muur van Chorsabad 16 283 voorarmlengtes lank laat bou om ooreen te stem met die numeriese waarde van sy naam."[5] Verskillende metodes van numerologie is deur die jare gebruik, soos die Agrippa-, Pythagoras- en Chaldeuse stelsel.

Engelgetalle wysig

Engelgetalle, soos in 2005 deur Doreen Virtue en Lynnette Brown gedefinieer, is nommers wat uit herhalende syfers bestaan, soos 111 of 444.[6] 'n Paar gewilde publikasies het al artikels gepubliseer wat daarop skimp dat die nommers numerologiese waarde het.[7]

Verwysings wysig

  1. Valeri 1971.
  2. Carroll 2003.
  3. Francis-Cheung 2006, p. 31.
  4. "arithmancy (n.)". etymonline.com.
  5. Luckenbill 1927, pp. 43, 65.
  6. Virtue & Brown 2005.
  7. Somer et al. 2023.

Bronne wysig

Nog leesstof wysig

  • Lees, James (2018). Thompson, Cath (red.). The New Equinox: The British Journal of Magick. Hadean Press Limited. ISBN 978-1907881770.
  • Phillips, S. M. (2009). The Mathematical Connection Between Religion and Science. Antony Rowe Publishing. ISBN 978-1905200856.
  • Schimmel, Annemarie (1993). The Mystery of Numbers. New York: Oxford University Press. ISBN 0-87-516422-6.
  • Stratton-Kent, Jake (2011). The Serpent Tongue: Liber 187. VK: Hadean Press. ISBN 978-1-907881-07-7.
  • Thompson, Cath (2016). The Magickal Language of the Book of the Law: An English Qaballa Primer. Hadean Press Limited. ISBN 978-1907881688.
  • Thompson, Cath (2018). All This and a Book. Hadean Press Limited. ISBN 978-1-907881-78-7.

Skakels wysig