Nul is nie niks nie

Afrikaanse rolprent

Nul is nie niks is 'n Afrikaanse rolprent wat op 7 Julie 2017 uitgereik is. Die fliek is gebaseer op Jaco Jacobs se boek, "Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word". Die boek was een van drie finaliste in die filmkategorie van die kykNET/Rapport-boekprys, waarna die vervaardigers landswyd oudisies gedoen het om kinderakteurs vir die hoofkarakters te vind. Lize Vosloo het die draaiboek geskryf en Morné du Toit het die regie behartig.

Nul is nie niks nie
RegisseurMorné du Toit
ProduksieleierStefan Enslin
Lize Vosloo
DraaiboekJaco Jacobs (roman), Lize Vosloo (draaiboek)
MetJaden van der Merwe
Pieter Louw
Daniah de Villiers
Musiek deurGeo Höhn
KinematografieEduan Kitching
AteljeeFaith in Motion Productions
Redhead Productions
Uitgereik7 Julie 2017
Speeltyd101 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
Amptelike webtuiste
IMDb-profiel

Genre wysig

Die rolprent is 'n familiedrama met subtitel Die somtotaal van hoop. Dit het 'n ouderdomsperk van 7 tot 9 (vir ouerleiding).

Rolverdeling wysig

  • Jaden van der Merwe as Hoender ('n hoenderboer en eenkant-kind)
  • Pieter Louw as Drikus ('n niks-bang aspirant filmmaker wat aan Hodgkins se siekte lei)
  • Daniah de Villiers as Chris ('n flambojante rissiepit)
  • Reine Swart as Cindy
  • Morné Visser as Dennis
  • Kim Syster as juffrou Fourie
  • Antoinette Louw as Trisa
  • Francois Jacobs as George
  • June van Merch as tannie Hantie
  • Luan Jacobs as Bruce
  • Marisa Drummond as Barbara
  • Bradley Olivier as Tyrone
  • Rafiq Jajbhay as Moosa

Storielyn wysig

Die rolprent word beskryf as 'n hartsverhaal oor die lewe, die dood, familie, vriende, liefde en hoop (en 'n paar hoenders). Dit vertel die storie van drie vriende (Hoender, Drikus en Chris) wat saam staan om Drikus se laaste droom te bewaarheid – om 'n zombiefilm te maak. Tydens hierdie proses begin Hoender sy pa se dood verwerk, hy maak nuwe vriende, kry selfvertroue en leer dat sy eie talente ook waardevol is. Drikus se lus vir die lewe, uithouvermoë en determinasie bring die half-dood gemeenskap bymekaar en blaas nuwe lewe en hoop in die dorp in.[1]

Verwysings wysig

  1. Nul is nie niks nie Geargiveer 30 Junie 2017 op Wayback Machine, Afrikaans.com, besoek op 9 Julie 2017

Eksterne skakels wysig