Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde

Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (Sweeds: Nobelpriset i fysiologi eller medicin) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Nobelpleging by die Karolinska Instituut in Solna naby Stockholm toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisiologie of geneeskunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, letterkunde en vrede.

  Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde 

Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Toegeken virUitstaande bydraes vir die mensdom in Fisiologie of Geneeskunde
BorgNobelpleging by die Karolinska Instituut
LandVlag van Swede Swede
Datum10 Desember
Eerste toekenning10 Desember 1901 (1901-12-10) (122 jaar oud)
Webtuistenobelprize.org
Hoofingang van die Karolinska Instituut in Solna naby Stockholm

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde tradisioneel eerste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2023 is die prys aan altesaam 227 individue toegeken.[2] Nog 13 vroue het dit gekry.[3]

Een Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde-wenners, naamlik die Duitser Gerhard Domagk (1939), was deur sy regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hy sou later ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie.[4]

Die 2023-Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan Katalin Karikó en Drew Weissman "vir hul ontdekkings rakende nukleosiedbasismodifikasies wat die ontwikkeling van effektiewe bRNS-entstowwe teen Covid-19 moontlik gemaak het".[5]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vanaf 1901 tot op hede. In 1915–1918, 1921, 1925 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.


1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's2020's

1900's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1900's
JaarNaamLandBeweegrede
1901[7] Emil Adolf von Behring  Duitse Keiserryk"vir sy werk op serumterapie, veral die toepassing daarvan op witseerkeel, waardeur hy 'n nuwe pad in die domein van die mediese wetenskap geopen het en sodoende in die hande van die dokter 'n oorwinnende wapen teen siekte en sterftes geplaas het"
1902[8] Sir Ronald Ross  Verenigde Koninkryk
 Brits-Indië
"vir sy werk op malaria, waarmee hy aangedui het hoe dit die organisme binnedring en daardeur die basis gelê het vir suksesvolle navorsing oor hierdie siekte en metodes om dit te bekamp"
1903[9] Niels Ryberg Finsen  Denemarke
(  Faroëreilande)
"[vir] sy bydrae tot die behandeling van siektes, veral lupus vulgaris, met gekonsentreerde ligbestraling, waardeur hy 'n nuwe weg vir die mediese wetenskap gebaan het"
1904[10] Iwan Pawlof  Rusland"ter erkenning van sy werk op die fisiologie van spysvertering, waardeur kennis oor lewensbelangrike aspekte van die vak verander en vergroot is"
1905[11] Robert Koch  Duitse Keiserryk"vir sy ondersoeke en ontdekkings met betrekking tot tuberkulose"
1906[12] Camillo Golgi  Italië"ter erkenning van hul werk op die struktuur van die senuweestelsel"
Santiago Ramón y Cajal  Spanje
1907[13] Charles Louis Alphonse Laveran  Frankryk"ter erkenning van sy werk op die rol wat protosoë in siektekunde speel"
1908[14] Ilja Iljitsj Metsjnikof  Rusland"ter erkenning van hul werk op immuniteit"
Paul Ehrlich  Duitse Keiserryk
1909[15] Emil Theodor Kocher  Switserland"vir sy werk oor die fisiologie, patologie en chirurgie van die skildklier"

1910's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1910's
JaarNaamLandBeweegrede
1910[16] Albrecht Kossel  Duitse Keiserryk"ter erkenning van die bydrae tot ons kennis van selchemie wat gemaak is weens van sy werk op proteïene, insluitend die nuklemestowwe"
1911[17] Allvar Gullstrand  Swede"vir sy werk op die dioptriek van die oog"
1912[18] Alexis Carrel  Frankryk"[vir] sy werk op vaskulêre hegting en die oorplanting van bloedvate en organe"
1913[19] Charles Richet"[vir] sy werk op anafilakse"
1914[20] Robert Bárány  Oostenryk-Hongarye"vir sy werk op die fisiologie en patologie van die vestibulêre apparaat"
1919[21] Jules Bordet  België"vir sy ontdekkings met betrekking tot immuniteit"

1920's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1920's
JaarNaamLandBeweegrede
1920[22] Schack August Steenberg Krogh  Denemarke"vir sy ontdekking van die kapillêre motorreguleermeganisme"
1922[23] Archibald Vivian Hill  Verenigde Koninkryk"vir sy ontdekking wat verband hou met die produksie van hitte in die spier"
Otto Fritz Meyerhof  Republiek van Weimar"vir sy ontdekking van die vaste verhouding tussen die verbruik van suurstof en die metabolisme van melksuur in die spier"
1923[24] Sir Frederick Grant Banting  Kanada"vir die ontdekking van insulien"
John James Rickard Macleod  Verenigde Koninkryk
1924[25] Willem Einthoven  Nederland"vir die ontdekking van die meganisme van die elektrokardiogram"
1926[26] Johannes Andreas Grib Fibiger  Denemarke"vir sy ontdekking van die Gongilonema neoplastikum"
1927[27] Julius Wagner-Jauregg  Oostenryk"vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van malaria-inenting in die behandeling van demensie-paralitika"
1928[28] Charles Jules Henri Nicolle  Frankryk"vir sy werk op tifus"
1929[29] Christiaan Eijkman  Nederland"vir sy ontdekking van die antineuritiese vitamien"
Sir Frederick Gowland Hopkins  Verenigde Koninkryk"vir sy ontdekking van die groei-stimulerende vitamiene"

1930's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1930's
JaarNaamLandBeweegrede
1930[30] Karl Landsteiner  Oostenryk"vir sy ontdekking van menslike bloedgroepe"
1931[31] Otto Heinrich Warburg  Republiek van Weimar"vir sy ontdekking van die aard en werking van die respiratoriese ensiem"
1932[32] Sir Charles Scott Sherrington  Verenigde Koninkryk"vir hul ontdekkings rakende die funksies van neurone"
Edgar Douglas Adrian
1933[33] Thomas Hunt Morgan  Verenigde State"vir sy ontdekkings rakende die rol wat chromosome in erflikheid speel"
1934[34] George Hoyt Whipple"vir hul ontdekkings rakende lewerterapie in gevalle van bloedarmoede"
George Richards Minot
William Parry Murphy
1935[35] Hans Spemann  Nazi-Duitsland"vir sy ontdekking van die organiseerder-effek in embrioniese ontwikkeling"
1936[36] Sir Henry Hallett Dale  Verenigde Koninkryk"vir hul ontdekkings met betrekking tot chemiese oordrag van senuwee-impulse"
Otto Loewi  Oostenryk
 Nazi-Duitsland
1937[37] Albert Szent-Györgyi von Nagyrapolt  Hongarye"vir sy ontdekkings in verband met die biologiese verbrandingsprosesse, met spesiale verwysing na vitamien C en die katalise van fumaarsuur"
1938[38] Corneille Jean François Heymans  Brits-Indië"vir die ontdekking van die rol wat die sinus- en aortiese meganismes speel in die regulering van respirasie"
1939[39] Gerhard Domagk  Nazi-Duitsland"vir die ontdekking van die antibakteriese effekte van prontosil"

1940's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1940's
JaarNaamLandBeweegrede
1943[40] Carl Peter Henrik Dam  Denemarke"vir sy ontdekking van vitamien K"
Edward Adelbert Doisy  Verenigde State"vir sy ontdekking van die chemiese aard van vitamien K"
1944[41] Joseph Erlanger"vir hul ontdekkings met betrekking tot die hoogs gedifferensieerde funksies van enkele senuweefibrille"
Herbert Spencer Gasser
1945[42] Sir Alexander Fleming  Verenigde Koninkryk"vir die ontdekking van penisillien en die genesende effek daarvan by verskeie aansteeklike siektes"
Sir Ernst Boris Chain
Howard Walter Florey  Australië
1946[43] Hermann Joseph Muller  Verenigde State"vir die ontdekking van die produksie van mutasies deur middel van X-bestraling"
1947[44] Carl Ferdinand Cori"vir hul ontdekking van die verloop van die katalitiese omskakeling van glikogeen"
Gerty Theresa Cori, née Radnitz
Bernardo Alberto Houssay  Argentinië"vir sy ontdekking van die rol wat die hormoon van die anterior pituïtêre lob speel in die metabolisme van glukose"
1948[45] Paul Hermann Müller  Switserland"vir sy ontdekking van die hoë doeltreffendheid van DDT as 'n kontakgif teen verskeie geleedpotiges"
1949[46] Walter Rudolf Hess"vir sy ontdekking van die funksionele organisasie van die binnebrein as 'n koördineerder van aktiwiteite van die interne organe"
António Caetano Egas Moniz  Portugal"vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van leukotomie (lobotomie) in sekere psigoses"

1950's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1950's
JaarNaamLandBeweegrede
1950[47] Philip Showalter Hench  Verenigde State"vir hul ontdekkings met betrekking tot die hormone van die bynierkorteks, hul struktuur en biologiese effekte"
Edward Calvin Kendall
Tadeusz Reichstein  Switserland
 Pole
1951[48] Max Theiler  Suid-Afrika"vir sy ontdekkings rakende geelkoors en hoe om dit te bekamp"
1952[49] Selman Abraham Waksman  Verenigde State"vir sy ontdekking van streptomisien, die eerste antibiotikum wat effektief was teen tuberkulose"
1953[50] Sir Hans Adolf Krebs  Verenigde Koninkryk"vir sy ontdekking van die sitroensuursiklus (Krebssiklus)"
Fritz Albert Lipmann  Verenigde State"vir sy ontdekking van mede-ensiem A en sy belangrikheid vir intermediêre metabolisme"
1954[51] John Franklin Enders"vir hul ontdekking van die vermoë van poliomiëlitisvirusse om te groei in kulture van verskillende soorte weefsel"
Frederick Chapman Robbins
Thomas Huckle Weller
1955[52] Axel Hugo Theodor Theorell  Swede"vir sy ontdekkings rakende die aard en werking van oksidasie-ensieme"
1956[53] André Frédéric Cournand  Verenigde State"vir hul ontdekkings rakende hartkateterisering en patologiese veranderinge in die bloedsomloopstelsel"
Werner Forssmann  Wes-Duitsland
Dickinson W. Richards  Verenigde State
1957[54] Daniel Bovet  Italië"vir sy ontdekkings met betrekking tot sintetiese verbindings wat die werking van sekere liggaamsdele inhibeer, en veral hul werking op die vaskulêre stelsel en die skeletspiere"
1958[55]George Wells Beadle  Verenigde State"vir hul ontdekking dat gene optree deur bepaalde chemiese gebeure te reguleer"
Edward Lawrie Tatum
Joshua Lederberg"vir sy ontdekkings rakende genetiese herkombinasie en die organisasie van die genetiese materiaal van bakterieë"
1959[56] Arthur Kornberg"vir hul ontdekking van die meganismes in die biologiese sintese van ribonukleïensuur en deoksi-ribonukleïensuur"
Severo Ochoa  Verenigde State
 Spanje

1960's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1960's
JaarNaamLandBeweegrede
1960[57] Sir Frank Macfarlane Burnet  Australië"vir die ontdekking van verworwe immunologiese toleransie"
Sir Peter Brian Medawar  Brasilië
 Verenigde Koninkryk
1961[58] Georg von Békésy  Verenigde State"vir sy ontdekkings van die fisiese meganisme van stimulasie binne die koglea"
1962[59] Francis Harry Compton Crick  Verenigde Koninkryk"vir hul ontdekkings rakende die molekulêre struktuur van nukleïensure en die betekenis daarvan vir die oordrag van inligting in lewende materiaal"
James Dewey Watson  Verenigde State
Maurice Hugh Frederick Wilkins  Nieu-Seeland
 Verenigde Koninkryk
1963[60] Sir John Carew Eccles  Australië"vir hul ontdekkings rakende die ioniese meganismes wat betrokke is by opwekking en inhibisie in die perifere en sentrale gedeeltes van die senuweeselmembraan"
Sir Alan Lloyd Hodgkin  Verenigde Koninkryk
Sir Andrew Fielding Huxley
1964[61] Konrad Bloch  Verenigde State"vir hul ontdekkings rakende die meganisme en regulering van die cholesterol- en vetsuurmetabolisme"
Feodor Lynen  Wes-Duitsland
1965[62] François Jacob  Frankryk"vir hul ontdekkings rakende genetiese beheer van ensiem- en virussintese"
André Lwoff
Jacques Monod
1966[63]Peyton Rous  Verenigde State"vir sy ontdekking van gewasbeïnvloedende virusse"
Charles Brenton Huggins"vir sy ontdekkings rakende hormonale behandeling van prostaatkanker"
1967[64] Ragnar Granit  Finland
 Swede
"vir hul ontdekkings rakende die primêre fisiologiese en chemiese visuele prosesse in die oog"
Haldan Keffer Hartline  Verenigde State
George Wald
1968[65] Robert W. Holley"vir hul interpretasie van die genetiese kode en die funksie daarvan in proteïensintese"
Har Gobind Khorana  Indië
 Verenigde State[66]
Marshall W. Nirenberg  Verenigde State
1969[67] Max Delbrück"vir hul ontdekkings rakende die repliseringsmeganisme en die genetiese struktuur van virusse"
Alfred D. Hershey
Salvador E. Luria  Italië
 Verenigde State

1970's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1970's
JaarNaamLandBeweegrede
1970[68] Julius Axelrod  Verenigde State"vir hul ontdekkings met betrekking tot die humorale oordraers in die senuweesterminale en die meganisme vir hulle stoor, vrylating en inaktivering"
Ulf von Euler  Swede
Sir Bernard Katz  Verenigde Koninkryk
1971[69] Earl W. Sutherland jr.  Verenigde State"vir sy ontdekkings rakende die meganismes van die werking van hormone"
1972[70] Gerald M. Edelman"vir hul ontdekkings rakende die chemiese struktuur van teenliggaampies"
Rodney R. Porter  Verenigde Koninkryk
1973[71] Karl von Frisch  Wes-Duitsland"vir hul ontdekkings rakende organisasie en uitlating van individuele en sosiale gedragspatrone"
Konrad Lorenz  Oostenryk
Nikolaas Tinbergen  Nederland
1974[72] Albert Claude  België"vir hul ontdekkings rakende die strukturele en funksionele organisasie van die sel"
Christian de Duve
George E. Palade  Roemenië
1975[73] David Baltimore  Verenigde State"vir hul ontdekkings rakende die interaksie tussen gewasvirusse en die genetiese materiaal van die sel"
Renato Dulbecco  Italië
 Verenigde State
Howard Martin Temin  Verenigde State
1976[74] Baruch S. Blumberg"vir hul ontdekkings rakende nuwe meganismes vir die oorsprong en verspreiding van aansteeklike siektes"
D. Carleton Gajdusek
1977[75] Roger Guillemin"vir hul ontdekkings rakende die peptiedhormoonproduksie van die brein"
Andrew V. Schally  Kanada
 Pole
 Verenigde State
Rosalyn Yalow  Verenigde State"vir die ontwikkeling van radioimmunoassays van peptiedhormone"
1978[76] Werner Arber  Switserland"vir die ontdekking van beperkende ensieme en die toepassing daarvan op molekulêre genetiese probleme"
Daniel Nathans  Verenigde State
Hamilton O. Smith
1979[77]Allan M. Cormack  Suid-Afrika"vir die ontwikkeling van rekenaargesteunde tomografie"
Sir Godfrey N. Hounsfield  Verenigde Koninkryk

1980's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1980's
JaarNaamLandBeweegrede
1980[78] Baruj Benacerraf  Venezuela"vir hul ontdekkings rakende geneties bepaalde strukture op die seloppervlak wat immunologiese reaksies reguleer"
Jean Dausset  Frankryk
George D. Snell  Verenigde State
1981[79] Roger W. Sperry"vir sy ontdekkings rakende die funksionele spesialisering van die serebrale hemisfere"
David H. Hubel  Kanada"vir hul ontdekkings rakende inligtingverwerking in die visuele stelsel"
Torsten N. Wiesel  Swede
1982[80] Sune K. Bergström"vir hul ontdekkings rakende prostaglandiene en verwante biologies-aktiewe stowwe"
Bengt I. Samuelsson
Sir John R. Vane  Verenigde Koninkryk
1983[81] Barbara McClintock  Verenigde State"vir haar ontdekking van mobiele genetiese elemente"
1984[82] Niels K. Jerne  Denemarke"vir teorieë rakende die spesifisiteit in ontwikkeling en beheer van die immuunstelsel en die ontdekking van die beginsel vir die produksie van monoklonale teenliggame"
Georges J. F. Köhler  Wes-Duitsland
César Milstein  Argentinië
 Verenigde Koninkryk
1985[83] Michael S. Brown  Verenigde State"vir hul ontdekkings rakende die regulering van cholesterol-metabolisme"
Joseph L. Goldstein
1986[84] Stanley Cohen"vir hul ontdekkings van groeifaktore"
Rita Levi-Montalcini  Italië
1987[85] Susumu Tonegawa  Japan"vir sy ontdekking van die genetiese beginsel vir die generering van teenliggaamverskeidenheid"
1988[86] Sir James W. Black  Verenigde Koninkryk"vir hul ontdekkings van belangrike beginsels vir dwelmbehandeling"
Gertrude B. Elion  Verenigde State
George H. Hitchings
1989[87] J. Michael Bishop"vir hul ontdekking van die sellulêre oorsprong van retrovirale onkogene"
Harold E. Varmus

1990's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1990's
JaarNaamLandBeweegrede
1990[88]Joseph E. Murray  Verenigde State"vir hul ontdekkings rakende orgaan- en seloorplanting in die behandeling van menslike siektes"
E. Donnall Thomas
1991[89] Erwin Neher  Duitsland"vir hul ontdekkings rakende die funksie van enkele ioonkanale in selle"
Bert Sakmann
1992[90] Edmond H. Fischer  Switserland
 Verenigde State
"vir hul ontdekkings rakende omkeerbare proteïen-fosforilering as 'n biologiese reguleringsmeganisme"
Edwin G. Krebs  Verenigde State
1993[91] Sir Richard J. Roberts  Verenigde Koninkryk"vir hul ontdekkings van gesplete gene"
Phillip A. Sharp  Verenigde State
1994[92] Alfred G. Gilman"vir die ontdekking van G-proteïene en die rol van hierdie proteïene in seintransduksie in selle"
Martin Rodbell
1995[93] Edward B. Lewis"vir hul ontdekkings rakende die genetiese beheer van vroeë embrioniese ontwikkeling"
Christiane Nüsslein-Volhard  Duitsland
Eric F. Wieschaus  Verenigde State
1996[94] Peter C. Doherty  Australië"vir hul ontdekkings rakende die spesifisiteit van die sel-gemedieerde immuunverdediging"
Rolf M. Zinkernagel  Switserland
1997[95] Stanley B. Prusiner  Verenigde State"vir sy ontdekking van prione – 'n nuwe biologiese beginsel van infeksie"
1998[96] Robert F. Furchgott"vir hul ontdekkings rakende stikstofmonoksied as 'n seinmolekule in die kardiovaskulêre stelsel"
Louis J. Ignarro
Ferid Murad
1999[97] Günter Blobel  Duitsland
 Verenigde State
"vir die ontdekking dat proteïene intrinsieke seine het wat hul vervoer en lokalisering in die sel beheer"

2000's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 2000's
JaarNaamLandBeweegrede
2000[98] Arvid Carlsson  Swede"vir hul ontdekkings rakende seintransduksie in die senuweestelsel"
Paul Greengard  Verenigde State
Eric R. Kandel
2001[99]Leland H. Hartwell"vir hul ontdekkings van sleutelreguleerders van die selsiklus"
Sir Tim Hunt  Verenigde Koninkryk
Sir Paul M. Nurse
2002[100] Sydney Brenner  Suid-Afrika"vir hul ontdekkings rakende genetiese regulering van orgaanontwikkeling en geprogrammeerde seldood"
H. Robert Horvitz  Verenigde State
Sir John E. Sulston  Verenigde Koninkryk
2003[101] Paul Lauterbur  Verenigde State"vir hul ontdekkings rakende magnetieseresonansiebeelding"
Sir Peter Mansfield  Verenigde Koninkryk
2004[102] Richard Axel  Verenigde State"vir hul ontdekkings van reukreseptore en die werking van die olfaktoriese stelsel"
Linda B. Buck
2005[103] Barry J. Marshall  Australië"vir die ontdekking van die bakterie Helicobacter pylori en sy rol in gastritis en kroniese maagswere"
J. Robin Warren
2006[104] Andrew Z. Fire  Verenigde State"vir hul ontdekking van DNA-inmenging – geen-stilering deur dubbelstring-DNS"
Craig C. Mello
2007[105] Mario R. Capecchi"vir hul ontdekkings van beginsels vir die bekendstelling van spesifieke geenveranderinge in muise deur die gebruik van embrio-stamselle"
Sir Martin J. Evans  Verenigde Koninkryk
Oliver Smithies  Verenigde State
2008[106] Harald zur Hausen  Duitsland"vir sy ontdekking van die menslike papillomavirus wat servikale kanker veroorsaak"
Françoise Barré-Sinoussi  Frankryk"vir hul ontdekking van die menslike immuniteitgebreksvirus"
Luc Montagnier
2009[107] Elizabeth H. Blackburn  Verenigde State
 Australië
"vir die ontdekking van hoe chromosome beskerm word deur telomere en die ensiem telomerase"
Carol W. Greider  Verenigde State
Jack W. Szostak

2010's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 2010's
JaarNaamLandBeweegrede
2010[108] Sir Robert G. Edwards  Verenigde Koninkryk"vir die ontwikkeling van in vitro-bevrugting"
2011[109] Bruce A. Beutler  Verenigde State"vir hul ontdekkings rakende die aktivering van aangebore immuniteit"
Jules A. Hoffmann  Frankryk
Ralph M. Steinman  Kanada"vir sy ontdekking van die dendritiese sel en sy rol in adaptiewe immuniteit" (postuum toegeken)[110][111]
2012[112] Sir John B. Gurdon  Verenigde Koninkryk"vir die ontdekking dat volwasse selle ten doeleinde van pluripotensie herprogrammeer kan word"
Shinya Yamanaka  Japan
2013[113] James E. Rothman  Verenigde State"vir hul ontdekkings van masjinerie wat vesikelverkeer reguleer, 'n belangrike vervoerstelsel in ons selle"
Randy W. Schekman
Thomas C. Südhof  Verenigde State
 Duitsland
2014[114] John O'Keefe  Verenigde State
 Verenigde Koninkryk
"vir hul ontdekkings van selle wat 'n posisioneringstelsel in die brein vorm"
May-Britt Moser  Noorweë
Edvard I. Moser
2015[115] William C. Campbell  Ierland
 Verenigde State
"vir hul ontdekkings rakende 'n nuwe terapie teen infeksies wat veroorsaak word deur rondewurm-parasiete"
Satoshi Ōmura  Japan
Tu Youyou  Volksrepubliek China"vir haar ontdekkings rakende 'n nuwe terapie teen malaria"
2016[116] Yoshinori Ohsumi  Japan"vir sy ontdekkings van meganismes vir outofagie"
2017[117] Jeffrey C. Hall  Verenigde State"vir hul ontdekkings van molekulêre meganismes wat die sirkadiese ritme beheer"
Michael Rosbash
Michael W. Young
2018[118] James P. Allison"vir hul ontdekking van kankerterapie deur inhibisie van negatiewe immuunregulering"
Tasuku Honjo  Japan
2019[119] Peter J. Ratcliffe  Verenigde Koninkryk"vir hul ontdekkings van hoe selle suurstofvlakke in die bloed bespeur, en hulle daarvolgens aanpas"
William Kaelin jr.  Verenigde State
Gregg L. Semenza

2020's wysig

Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 2020's
JaarNaamLandBeweegrede
2020[120] Michael Houghton  Verenigde Koninkryk"vir die ontdekking van die hepatitis C-virus"
Harvey J. Alter  Verenigde State
Charles M. Rice
2021[121] David Julius  Verenigde State"vir die ontdekking van reseptore vir temperatuur en aanraking"
Ardem Patapoutian  Verenigde State
 Libanon
2022[122] Svante Pääbo  Swede"vir sy ontdekkings aangaande die genome van uitgestorwe hominiene en menslike evolusie"
2023[5] Katalin Karikó  Hongarye
 Verenigde State
"vir hul ontdekkings rakende nukleosiedbasismodifikasies wat die ontwikkeling van effektiewe bRNS-entstowwe teen Covid-19 moontlik gemaak het"
Drew Weissman  Verenigde State

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. (en) "Nomination and selection of Medicine Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 2 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  2. (en) "All Nobel Laureates in Physiology or Medicine". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  3. (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 2 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 2 Oktober 2023.
  4. (en) "Nobel Laureates Facts". Nobelprize.org. 2 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  5. 5,0 5,1 (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2023". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 2 Oktober 2023. Besoek op 2 Oktober 2023.
  6. (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Besoek op 5 Oktober 2020. [dooie skakel]
  7. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1901". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  8. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1902". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  9. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1903". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  10. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1904". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  11. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1905". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  12. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1906". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  13. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1907". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  14. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1908". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  15. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1909". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  16. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1910". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  17. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1911". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  18. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1912". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  19. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1913". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  20. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1914". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  21. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1919". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  22. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1920". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  23. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1922". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  24. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1923". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  25. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1924". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  26. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1926". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  27. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1927". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  28. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1928". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  29. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1929". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  30. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1930". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  31. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1931". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  32. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1932". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  33. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1933". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  34. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1934". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  35. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1935". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  36. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1936". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  37. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1937". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  38. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1938". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  39. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1939". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  40. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1943". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  41. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1944". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  42. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1945". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  43. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1946". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  44. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1947". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  45. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1948". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  46. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1949". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  47. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1950". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  48. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1951". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  49. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1952". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  50. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1953". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  51. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1954". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  52. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1955". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  53. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1956". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  54. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1957". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  55. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1958". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  56. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1959". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  57. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1960". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  58. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1961". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  59. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1962". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  60. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1963". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  61. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1964". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  62. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1965". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  63. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1966". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  64. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1967". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  65. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1968". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  66. (en) "Har Gobind Khorana". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  67. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1969". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  68. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1970". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  69. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1971". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  70. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1972". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  71. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1973". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  72. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1974". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  73. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1975". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  74. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1976". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  75. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1977". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  76. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1978". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  77. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1979". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  78. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1980". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  79. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1981". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  80. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1982". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  81. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1983". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  82. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1984". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  83. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1985". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  84. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1986". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  85. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1987". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  86. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1988". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  87. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1989". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  88. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1990". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  89. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1991". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  90. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1992". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019. Besoek op 2 Oktober 2023.
  91. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1993". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  92. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1994". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 2 Oktober 2023.
  93. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1995". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  94. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1996". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  95. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1997". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  96. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1998". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  97. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1999". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  98. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2000". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  99. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2001". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  100. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2002". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  101. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2003". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  102. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  103. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2005". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  104. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2006". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  105. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2007". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  106. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  107. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2009". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  108. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2010". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  109. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  110. (en) "Ralph Steinman Remains Nobel Laureate". The Nobel Foundation. 1 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2018. Besoek op 2 Oktober 2023.
  111. (en) Sample, Ian (1 Oktober 2011). "Nobel prize to be awarded to dead scientist". The Guardian. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  112. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  113. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  114. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2014". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  115. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2015". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  116. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  117. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  118. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  119. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2023.
  120. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2020". Besoek op 2 Oktober 2023.
  121. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2021". Besoek op 2 Oktober 2023.
  122. (en) "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 2022". Besoek op 2 Oktober 2023.

Eksterne skakels wysig