Nieu-Frankryk

Nieu-Frankryk (Frans: La Nouvelle-France) is 'n Franse kolonie in Noord-Amerika, wat in die tydperk tussen 1608 en 1763 bestaan en naas die gebied van die Sint-Laurensrivier ook die Mississippivallei met Louisiana en Akadië ingesluit het.

Vice-royauté de Nouvelle-France
Vise-Koninkryk Nieu-Frankryk
1534–1763
VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: Montjoie Saint Denis!
Volkslied: Marche Henri IV
(Frans vir: "Mars van Hendrik IV")
Ligging of Nieu-Frankryk
Ligging of Nieu-Frankryk
Nieu-Frankryk in sy grootste uitbreiding in 1712
HoofstadQuebecstad
46°49′N 71°12′W / 46.817°N 71.200°W / 46.817; -71.200Koördinate: 46°49′N 71°12′W / 46.817°N 71.200°W / 46.817; -71.200
Taal/TaleFrans
GodsdiensRooms-Katolieke Kerk
RegeringMonargie
Koning
 - 1663–1715Lodewyk XIV
 - 1715–1763Lodewyk XV
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Begin van die verowering van die gebied24 Julie
 - Stigting van Quebecstad3 Julie 1608
 - Verdrag van Utrecht11 April 1713
 - Artikels van die oorgawe van Quebecstad18 September 1759
 - Artikels van die oorgawe van Montreal1760
 - Ontbind8 September
 - Verdrag van Parys10 Februarie 1763
Oppervlakte
 - 17128 000 000 km2
3 088 817 sq mi
GeldeenheidLivre
Opgevolg deur
Quebec
Nova Scotia
Newfoundland
Saint-Pierre en Miquelon
Nieu-Spanje

Jacques Cartier maak namens die Koninkryk van Frankryk reeds in die jaar 1534 aanspraak op die gebied langs die Sint-Laurensrivier en vernoem dit Nieu-Frankryk. Die Franse kolonisering neem egter eers in die jaar 1608 'n aanvang. In hierdie jaar stig die ontdekker Samuel de Champlain die hoofstad Quebecstad en word vervolgens as die eerste goewerneur benoem.

Die Franse koning Lodewyk XIV verklaar die kolonie in 1663 tot koninklike provinsie, en in 1674 kry die provinsie sy eie regering.

Nadat vroeër pogings in 1629 en 1711 misluk het, slaag Groot-Brittanje in 1759 daarin om die gebied te verower. In die Verdrag van Parys van die jaar 1763 erken Frankryk die Britse heerskappy oor die provinsie, wat vervolgens vir administratiewe doeleindes in Opper-Kanada en Neder-Kanada verdeel is.

Kaarte wysig

Sien ook wysig