Newark, New Jersey

Newark is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat New Jersey en die administratiewe setel van Essex County met 'n bevolking van 277 140. Dit is 13 km wes van Manhattan, New York en 25 km suid van Paterson, New Jersey in die hart van New Jersey se Gateway Region geleë en maak deel uit van die metropolitaanse gebied van New York.

Newark
The Brick City

KaartWapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat New Jersey
 Koördinate40°44′N 74°11′W / 40.733°N 74.183°W / 40.733; -74.183
 Gestig in1666
 Geïnkorporeer op21 Februarie 1798
11 April 1836
 Oppervlakte: 
 - Totaal67,3 vk km
 - waarvan land61,6 vk km
 Hoogte bo seevlak0-83,3 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2010)277 140
 - Bevolkingsdigtheid5 034,8/vk km
 - Metropolitaanse gebied18 818 536
 TydsoneEST (UTC -5)
Somertyd: EDT (UTC -4)
 Klimaat 
 - TipeKontinentale en
subtropiese trekke
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur12,7 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-0,4 °C / 25,1 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae1174,8 mm
 BurgemeesterCory Booker
 Amptelike Webwerfnewark.nj.us

Dit is een van die belangrikste vervoerknooppunte in die VSA ten opsigte van lug-, see- en spoorvervoer. Danksy die ligging aan die Newark-baai naby die Atlantiese Oseaan het Newark se hawefasiliteite in Port Newark tot die belangrikste houerterminaal in die deelstate New York en New Jersey ontwikkel.

Newark is in 1666 deur immigrante uit die gelyknamige Britse stad gestig. Sy bynaam is The Brick City ("Die Baksteenstad"). Newark is die setel van 'n verskeidenheid kulturele en tersiêre onderwysinstellings soos Rutgers University en die New Jersey Institute of Technology, asook die hoofkwartier van groot sakeondernemings soos Prudential Financial en PSEG.

Eksterne skakels wysig