Die nartjie (Citrus tangerina)[1] is 'n oranjekleurige sitrusvrug wat nou verwant is aan die mandaryn (Citrus reticulata). Taksonomies, kan dit as 'n subspesie of variant van Citrus reticulata beskou word.[2][3][4] Nartjies is kleiner as gewone lemoene, en is gewoonlik makliker om te skil en in segmente te verdeel. Die smaak op die tong word as minder suur ondervind, sowel as soeter en skerper as dié van 'n lemoen.[5]

Nartjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. tangerina
Binomiale naam
Citrus tangerina
Nartjie

'n Ryp nartjie is oranje van kleur, ferm tot effe sag, swaar vir sy grootte, met 'n geplaveide skil en geen diep groewe. Nartjies word gewoonlik afgeskil en met die hand geëet. Die vars vrugte word ook gebruik in slaaie, nageregte en hoofgeregte. Die skil word soms gedroog en gebruik in Sichuan-kookkuns. Vars nartjiesap asook bevrore sapkonsentraat is algemeen beskikbaar in die handel. Die aantal sade in elke segment (vrugblaar) wissel baie. Die nartjieseisoen duur vanaf herfs tot lente.

Nartjie
Voedingswaarde per 100 g
Energie 50 kcal   220 kJ
Koolhidrate     13.34 g
- Suikers  10.58 g
- Dieetvesel  1.8 g  
Vette0.31 g
Proteien 0.81 g
Vitamien A gelyk.  34 μg 4%
- β-karoteen  155 μg 1%
Tiamien (Vit. B1)  0.058 mg  4%
Riboflavien (Vit. B2)  0.036 mg  2%
Niasien (Vit. B3)  0.376 mg  3%
Pantoteensuur (B5)  0.216 mg  4%
Vitamien B6  0.078 mg6%
Folate (Vit. B9)  16 μg 4%
Vitamien C  26.7 mg45%
Vitamien E  0.2 mg1%
Kalsium  37 mg4%
Yster  0.15 mg1%
Magnesium  12 mg3% 
Fosfor  20 mg3%
Kalium  166 mg  4%
Natrium  2 mg0%
Sink  0.07 mg1%
Link to USDA Database entry
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis
Top nartjie* produseerders
(metrieke ton)
200520082011
Vlag van Volksrepubliek China China11 306 7248 792 48312 482 000
Vlag van Spanje Spanje1 956 9232 227 9162 117 119
Vlag van Brasilië Brasilië1 232 5991 079 6971 004 727
Vlag van Japan Japan1 132 000906 100928 200
Vlag van Turkye Turkye715 000756 473872 251
Vlag van Italië Italië617 037765 100852 562
Vlag van Egipte Egipte711 460758 105848 069
Vlag van Iran Iran701 903~676 000~800 000
Vlag van Marokko Marokko463 400337 000753 030
Vlag van Verenigde State van Amerika VSA303 910478 090596 020
20e Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika137 113139 145148 619
Wêreldtotaal23 972 93121 513 13026 030 014

[6] * Sluit in: tangariene, mandaryne, klementyne en satsumas.

Verwysings wysig

  1. "Synonymy of C. tangerina at The Plant List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020.
  2. "Synonyms of C. reticulata at The Plant List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2020.
  3. A.H. Krezdorn, Jules Janick. "Classification of Citrus" (PDF).
  4. Tshering Penjor, Masashi Yamamoto, Miki Uehara, Manami Ide, Natsumi Matsumoto, Ryoji Matsumoto, Yukio Nagano (25 April 2013). "Phylogenetic Relationships of Citrus and Its Relatives Based on matK Gene Sequences" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2014.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. Pittman & Davis (22 Februarie 1999). "Pittman & Davis - Premium Citrus Fruit Gifts - Why Are Tangerines So Tangy?" (in Engels). Pittmandavis.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 17 November 2012.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. Bron: FAOstat URL besoek op 5 Januarie 2014

Eksterne skakels wysig