Muonneutrino

Die muonneutrino of muon-neutrino is ’n elementêre lepton wat geen netto elektriese lading het nie. Saam met die muon vorm dit die tweede generasie van leptone, vandaar sy naam. Dit is in 1962 ontdek.

Muonneutrino
Die muonneutrino se plek in die Standaardmodel (middel onder).
Die muonneutrino se plek in die Standaardmodel
(middel onder).
SamestellingElementêre deeltjie
StatistiekFermionies
GroepLeptone
GenerasieTweede
WisselwerkingSwak, swaartekrag
Simboolνμ
AntideeltjieMuon-antineutrino (νμ)
Geteoretiseer1940's
OntdekLeon Lederman, Melvin Schwartz en Jack Steinberger (1962)
MassaKlein, maar nie nul nie
(sien neutrino)
Elektriese lading0 e
KleurladingGeen
Spin1/2
Swak isospin1/2
Swak hiperlading-1
ChiraliteitLinkshandig

Soos alle elementêre deeltjies het die muonneutrino ’n antideeltjie, die muon-antineutrino, waarvan sommige eienskappe dieselfde magnitude maar ’n teenoorgestelde teken het.