Motorregistrasienommerplate van Suid-Afrika

Suid-Afrikaanse motornommerplate  het unieke ontwerpe in elk van die provinsies. Elke provinsie het sy eie nommerplaatontwerp met 'n kleurskema, sowel as 'n eie nommerformaat.

Materiaal, vorms en beskikbaarheid

wysig

Nommerplate is beskikbaar in plastiek of metaal. Plastiek was vir jare lank die voorkeurmateriaal vir gebruik deur die meerderheid motoreienaars. Sedert 1 Januarie 2015 is hierdie plate egter onwettig verklaar, weens hulle eienskap om te weerkaats op die verkeerspolisie se spoedkameras, asook die oorhoofse sensors van Gauteng se e-tolstelsel.

Die mees algemene grootte is identies aan die Europese nommerplate se grootte: 110 mm × 520 mm (4.3 dm × 20.5 dm). 'n Korter plaat is egter ook algemeen: 120 mm × 440 mm (4.4 dm × 17.3 dm). Die meeste motorhandelaars verskaf die groter vorm. Ander vorms soos die Amerikaanse en motorfietsplate is ook beskikbaar.

Vanaf 1 Februarie 2010 is 'n proses begin om alle plate te vervang met nuwe aluminiumplate met 'n RFID-tag. Die stelsel kan outomaties die besonderhede van die eienaar genereer.[1]

Die nege provinsies

wysig
ProvinsieStandaardplatePersoonlike plateVoorbeeldKleurskemaLogo
Wes-KaapCab #xzzzzz WP CA 123-456 

Swart op wit
(Swart op geel steeds wettig)
Geen
KwaZulu-NatalNab #xzzzzz ZN NN 21514 

Blou op wit (Groen op wit vir persoonlike plate)Geen
Mpumalangaaaa+++ MPxzzzzz MP BBC123 MP 

Swart op witGestileerde opkomende son
Oos-Kaapaaa+++ ECxzzzzz EC BBC 123 EC 

Swart op grafiesOlifant en Aalwyn
Limpopoaaa+++ Lxzzzzz L BBC 123 L 

Swart op witKremetartboom en provinsiale embleem
Gautengaaa+++ GP

aa++aa GP

xzzzzz GP BBC 123 GP 

 BC 12 DF GP 

Blou op witProvinsiale embleem
Noord-Kaapaaa+++ NCxzzzzz NC BBC 123 NC 

Groen op witGemsbok en sandduin
Vrystaataaa+++ FSxzzzzz FS BBC 123 FS 
Swart op grafiesCheetah
Noordwesaaa+++ NWxzzzzz NW BBC 123 NW 

Swart op grafiesMieliekop, olifant, sonneblom en myntoring
Diplomatieke voertuie+++(D of S) +++D [Ou]

(D of S) BBB +++D [Nuut]

Geen 890D 000D Swart op witProvinsiale embleem
Regeringsvoertuie (Engels: Government)Gaa+++ GGeen GBC 123 G Rooi op witProvinsiale embleem
PolisieBaa+++ BGeen BCB 123 B 

Swart op wit / Blou op wit (Gauteng)Geen / Gauteng provinsiale embleem
Weermag (Engels: Military)aaa+++ MGeen BCB 123 M Swart op geelGeen

Sleutel:

  • HOOFLETTERS: Letterlike letters in die nommerplate
  • a: verpligte letter (A – Z)
  • b: 'n letter (A – Z) of niks
  • x: verpligte karakter (A – Z, 0 – 9)
  • z: karakter (A – Z, 0 – 9) of niks
  • #: 'n heelgetal nommer (1 – 999,999)
  • +: 'n verpligte syfer (0 – 9)
  • NB: Klinkers word nie op privaatvoertuie gebruik nie.

Geskiedenis

wysig

Voor 1994 het slegs 4 provinsies in Suid-Afrika bestaan: Natalprovinsie, Kaapprovinsie, Oranje-Vrystaat en Transvaal. Elke provinsie het sy eie identifisering van letters gehad. Natal – N, - Kaap – C, Oranje-Vrystaat – O en Transvaal – T.

Voor 1980

wysig

Wit letters op 'n swart agtergrond was regoor die land gebruik, insluitend deur die weermag. Byvoorbeeld: CC 14776

Elke dorp het 'n unieke registrasievoorvoegsel, gevolg deur 'n nommer wat toegeken was vanaf 1 (die burgemeester se voertuig) tot en met 999 999. Vir handelaarsplate (wat gebruik word deur motorhandelaars op ongelisensieerde voertuie), was die letters en nommers omgeruil.

Daar was geen persoonlike nommerplate nie.

Militêr

wysig

Militêre voertuie het die letter "R" as 'n voorvoegsel gebruik, gevolg deur opeenvolgende syfers. Byvoorbeeld: R54321

Polisie

wysig

Polisievoertuie het die letters "SAP" as 'n voorvoegsel gebruik, gevolg deur opeenvolgende syfers. Byvoorbeeld: SAP 4321

Kaapprovinsie

wysig

Die dorpe in die Kaapprovinsie het oorspronklik voorvoegsels in volgorde van die grootste tot die kleinste dorp gedra na aanleiding van die ooreenstemmende letters van die alfabet. Dus verteenwoordig "CA" die grootste stad, Kaapstad, "CB" die tweede grootste, Port Elizabeth en so aan. Die volledige lys van die Kaapprovinsie se voorvoegsels was soos volg:

Bykomende/alternatiewe merke (ook met verskillende spellings) van 'n 1949 publikasie:

Transvaal

wysig

Natalprovinsie

wysig

Die verskillende streke in die provinsie KwaZulu-Natal gebruik die plekname om die letters op die plate te bepaal.

Oranje-Vrystaat 

wysig

Let daarop dat Sasolburg, waar olie uit steenkool geproduseer word, die toepaslike naam van "OIL" gekry het.

Voor die ingebruikneming van die bostaande nommerplate, is die nommerplate soos in die onderstaande tabel vervat, gebruik.[2]

Jare 1975 tot 1994

wysig

'n Nuwe nommerskema is bekendgestel in die Transvaal, nadat die Johannesburg-reeks die aantal TJ 999-999 oorskry het. 'n Alfanumeriese stelsel is dus bekendgestel in hierdie provinsie, wat meer permutasies met minder karakters toegelaat het. Die reeks bestaan uit drie letters gevolg deur drie syfers en die letter "T". Alle nommerplate gebruik swart teks op 'n geel agtergrond, byvoorbeeld: BCD123T.

Van hierdie tydstip af was 'n Transvaalse voertuig se oorsprong nie meer bepaalbaar volgens 'n spesifieke dorp of stad nie.

Die ander provinsies het uiteindelik 'n soortgelyke sisteem as die Transvaal aanvaar maar met hulle eie nommerstelsels, bv. DSR385FS. Op hierdie stadium het regeringsnommerplate ook dieselfde stelsel as die Transvaal aangeneem. Voorbeeld: BCD123M.

 Nommerplate in die Tuislande

wysig

Onder Apartheid het elke Tuisland sy eie nommerplaat uitgereik.

'n 1977 lisensieplaat van Ditsobotla, Bophuthatswana 
  • YB – Regeringsvoertuie
  • YBP – Polisievoertuie
  • YBA – Molopo
  • YBB – Odi
  • YBC – Moretele
  • YBD – Bafokeng & Tlhabane
  • YBE – Ditsobotla
  • YBF – Mogwase
  • YBG – Lehurutshe
  • YBH – Tlhaping-Tlharo
  • YBJ – Madikwe
  • YBK – Thaba Se Nchu
  • YBL – Mankwe
  • YBM – Ganyesa
  • YBN – Taung
  • YBX – Mabopane

Gazankulu

wysig
'n 1972 lisensieplaat van Malamulele, Gazankulu 
  • GM – Malamulele-distrik
  • GY – Giyani-distrik
  • GR – Ritavi-distrik
  • GH – Mhala-distrik (nou in Mpumalanga)
'n 1974 lisensieplaat van Lebowa tuisland.

Regering

  • LG – Lebowa Regering
  • LP – Lebowa Polisie

Burgerlik

  • LEB-1-NOMMER/S – Lebowakgomo & omgewing
  • LEB-2-NOMMER/S – Schoonoord & omgewing
  • LEB-3-NOMMER/S – Mahwelereng & omgewing
  • LEB-4-NOMMER/S – Seshego & omgewing
  • LEB-5-NOMMER/S
  • LEB-6-NOMMER/S – Nebo & omgewing
  • LEB-7-NOMMER/S – Tzaneen en omgewing
  • LEB-8-NOMMER/S
  • LEB-9-NOMMER/S
  • LEB-10-NOMMER/S – Botlokwa & omgewing
  • WR – Regeringvoertuie
  • WRP – Polisievoertuie
  • OBW – Algemene voertuie
'n 1979 lisensieplaat van Kwabhaca, Transkei.

Venda

wysig

Zoeloeland / KwaZulu

wysig
  • ZG – Regeringvoertuie
  • ZK – Opperhoofvoertuie
  • ZP – Polisievoertuie
  • Z – Algemene voertuie

Verwysings

wysig
  1. "Intelligent Number Plates Postponed in South Africa" (in Engels). 3 Junie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2013.
  2. Die Afrikanergids, 1943
🔥 Top keywords: