Domodedowo-lughawe

internasionale lughawe in Moskou, Rusland
(Aangestuur vanaf Moskouse Lughawe Domodedowo)

Die Moskouse Domodedowo-lughawe (Russies: Московский аэропорт Домоде́дово) is ’n internasionale lughawe op die dorp Domodedowo in die Moskou-oblast, Rusland. Dit is sowat 42 km suid-suidoos van die middestad van Moskou. Domodedowo is die grootste lughawe in Rusland wat betref passasiers- en vragverkeer (22,25 miljoen passasiers het die lughawe in 2010 gebruik, wat ’n toename van 19,2% is vanaf 2009), en is saam met Sjeremetjewo en Wnoekowo een van die drie hooflughawens van Moskou.

Moskouse Domodedowo-lughawe
Московский аэропорт Домоде́дово
Lugfoto van Domodedowo
IATA: DMEICAO: UUDD
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar
Eienaar/OperateurEast Line-groep (Группа Ист Лайн)
BedienMoskou, Rusland
LiggingDomodedowo
Spil vir
  • Ak Bars Aero
  • Moskovia Airlines
  • RusLine
  • S7 Airlines
    • Globus Airlines
  • Ural Airlines
  • Yamal Airlines
Hoogte bo seevlak588 vt / 179 m
Koördinate55°24′31″N 37°54′22″O / 55.40861°N 37.90611°O / 55.40861; 37.90611Koördinate: 55°24′31″N 37°54′22″O / 55.40861°N 37.90611°O / 55.40861; 37.90611
Webtuistedomodedovo.ru
Landkaart
UUDD is in Rusland Moskou-oblast
UUDD
UUDD

Ligging binne die Moskou-oblast

Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
14C/32C (Vorige)2 6008 531Beton
14L/32R3 80012 467Versterkte beton
14R/32L3 50011 483Versterkte beton
Statistieke (2013)
Passasiers30 760 000
Lugbewegings253 500
Bron: DAFIF

In 2003 het die lughawe ’n uitbreidingsprogram begin om wyerompvliegtuie te huisves. Die aanloopbaan, rybane en parkeerterreine is vergroot en versterk. In Maart 2009 is aangekondig dat die lughawe se aansoek geslaag het; dit was die eerste Russiese lughawe wat goedgekeur is vir vliegtuie soos die Airbus A380.[1]

Geskiedenis wysig

Domodedowo se terminaal soos dit in Junie 1974 gelyk het.

Die lughawe is genoem na die dorp Domodedowo, waar dit geleë is. Vlugte het in Maart 1964 begin met ’n vlug na Swerdlofsk. Die lughawe, wat ingestel was op langafstandvlugte in die Sowjetunie, is amptelik in Mei 1965 geopen. ’n Tweede aanloopbaan, langs die eerste een, is 18 maande later in gebruik geneem.

In 1993–1994 het die East Line-groep, wat deur Dmitri Kamensjik gestig is, in verskeie geriewe by die lughawe belê, onder meer ’n nuwe doeaneterminaal en spysenieringsdienste.[2] In laat 1996 het die East Line-groep die terminaalgeriewe geprivatiseer. Sedert 1998 word die aanloopbane, lugverkeerbeheer en kommunikasiegeriewe aan East Line verhuur.

In die 2000's het East Line belê in die herbou en modernisering van die verouderde lughawegeriewe. Teen 2009 is die vloeroppervlak vergroot van 70 000 m2 in 2004 tot 135 000 m2. Met die opknapping is groot lugdienste soos British Airways, El Al, Swiss International Air Lines, Japan Airlines en Austrian Airlines weggelok van die ander Moskouse lughawe Sjeremetjewo. Hul voorbeeld is deur ander groot lugdienste soos Lufthansa gevolg. Aeroflot het ook sekere vragoperasies na Domodedowo geskuif. Die lughawe het daarna die hooflughawe vir verskeie Russiese lugdienste geword. Domodedowo het Sjeremetjewo verbygesteek wat passasiergetalle betref en die besigste lughawe in Rusland geword. Teen 2010 het die getal passasiers by Domodedowo gestyg van 2,8 miljoen per jaar in 2000 tot meer as 22 miljoen.[3]

Domodedowo was die teiken van twee terroristeverwante voorvalle. In 2004 het Moslem-selfmoordbomaanvallers verby sekuriteit beweeg en aanboord van twee passasiersvliegtuie gegaan. Hulle het die bomme laat afgaan nadat die vliegtuie opgestyg het. Ondanks verhoogde sekuriteit was daar nog ’n sluipmoordbomvoorval op 24 Januarie 2011 toe ’n Islamitiese militante die terminaalgebou binnegegaan en ’n bom in die aankomsaal laat afgaan het. Nog strenger maatreëls is sedertdien ingestel.

Vervoer wysig

Treine wysig

Die lughawe het ’n treinstasie met dienste na die Paweletsk-spoorwegterminaal in Sentraal-Moskou. Daar is ook Aeroexpress-sneltreine en gewone passasierstreine.

Pad wysig

Die lughawe kan bereik word met ’n verbinding van die Moskouse Ringstraat en die Kasjirskoje-snelweg. Taxi's, limousines en gewone motors kan in die lughawe gehuur word.

Galery wysig

Verwysings wysig

  1. Heavy Metal, Aviation Week & Space Technology, 70, 10 (9 Maart 2009), bl. 14
  2. ""Домодедово", откройся!" (in Russies). Wedomosti. 10 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2015. Besoek op 15 November 2011.
  3. "Московский аэропорт Домодедово провел интерлайн-конференцию "DME Connections 2011"" (in Russies). Domodedowo. Nuusvrystelling. 10 November 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2018. Besoek op 15 November 2011.

Eksterne skakels wysig