Mielie
Mielies is 'n graangewas wat oorspronklik in Meso-Amerika verbou is, en daarna oor die Amerikaanse kontinente en ook die res van die wêreld versprei het. Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk en, soos in die meeste ander Afrikalande, ook die land se stapelvoedsel.
Mielie | |
---|---|
![]() | |
Illustrasie van verskeie dele van 'n mielieplant | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | Z. mays |
Binomiale naam | |
Zea mays |


Na rys en koring is dit die belangrikste graansoort ter wêreld, en Suid-Afrika is een van die tien grootste mielieproduserende lande. Sowat 40 % van Afrika se mielies word hier verbou en die oeste verskaf voedsel op groot skaal aan miljoene mense op die vasteland - onder meer deur middel van die Verenigde Nasies se voedselhulpprogram.
Mielies is waarskynlik reeds deur antieke Egiptiese beskawings verbou en is eers teen die 1860s vir handelsdoeleindes in Suid-Afrika aangeplant.
Ongeveer een derde van die land se boere kweek die gewas op 'n totale oppervlakte van sowat 4,5 miljoen hektaar. Die gebied bestaan hoofsaaklik uit die sogenaamde mieliedriehoek, wat die Noord- en Oos-Vrystaat en Gauteng insluit. Aangesien mielies die vernaamste bestanddeel van vee- en pluimveevoere is, is die kostestruktuur daarvan nou verweef met dié van ander landbousektore, byvoorbeeld die suiwel- en braaikuikenbedrywe.
Mielies is 'n somergewas en word gedurende Desember en Januarie as groenmielies en in Mei of daarna as graan geoes.
Gebruike VSA360.3 2
China260.7 3
Brasilië104.0 4
Argentinië58.4 5
Oekraïne30.3 6
Indië30.2 7
Meksiko27.4 8
Indonesië22.5 9
Suid-Afrika15.3 10
Rusland13.9 Totaal Wêreld 1162.4 Zea mays "Oaxacan Green"
Zea mays "fraise"
Springmieliepitte gereed vir spring
'n Ryp mieliekop aan 'n droë plant
Verskeie bastermielies
Zea mays 'Ottofile giallo Tortonese' -
Mielieopbrengs volgens lande in 2021/22 Statista.com: World corn production by country 2018/19 (in 1,000 metric tons). Besoek op 27 Mei 2022









Zea mays "Oaxacan Green"
Zea mays "fraise"
Springmieliepitte gereed vir spring
'n Ryp mieliekop aan 'n droë plant
Verskeie bastermielies
Zea mays 'Ottofile giallo Tortonese' -