Medina (Arabies: ‏المدينة المنورة, ook Medina, die Verligte) is die tweede heiligste stad van die Islam en lê in Saoedi-Arabië.[1] Medina het in 2006 'n bevolking van 1 300 000 gehad en het 'n oppervlakte van 589 km². Die Moskee van die Profeet in Medina is deel van die hadj, die Islamitiese bedevaart. Medina is een van die twee stede waar Mohammed die Koran van Allah ontvang het. Met die vlug van Mohammed uit Mekka in 622 begin die Islamitiese kalender. In 632 sterf Mohammed in Medina. Tradisioneel is die stad vir nie-Moslems gesluit.

Medina
‏المدينة المنورة

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
 ProvinsieMadinah
 Koördinate24°28′N 39°36′O / 24.467°N 39.600°O / 24.467; 39.600
 Stigting6de eeu v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal589 vk km
 Hoogte bo seevlak608 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2006)1 300 000
 - Bevolkingsdigtheid2 207/vk km
 TydsoneUTC +3
 BurgemeesterAbdulaziz Bin Majid
 Amptelike webwerfamana-md.gov.sa
Die moskee van die profeet Mohammed

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. "Medina" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 18 November 2018.

Eksterne skakels wysig