McDonnell Douglas F-15 Eagle

McDonnell Douglas F-15 Eagle is 'n Amerikaanse dubbelmotorige taktiese vegvliegtuig wat in alle weersomstandighede kan funksioneer. Dit is spesiaal deur McDonnell Douglas (nou Boeing) ontwerp om lugoorheersing te verkry en te behou, en om luggevegte uit te voer. Dit is een van die suksesvolste moderne vegters, met meer as 100 luggevegoorwinnings. Nadat die voorstelle wat in 1967 ingedien is hersien is, het die Amerikaanse Lugmag McDonnell Douglas se ontwerpvoorstel aanvaar vir 'n toegewyde lugsuperioriteitsvegter. Die Eagle se nooiensvlug was in Julie 1972, en is in aktiewe diens sedert 1976.

F-15 Eagle
'n F-15 Eagle op patrollie tydens Operation Noble Eagle
TipeTaktiese lugsuperioriteit/vegter
VervaardigerMcDonnell Douglas
Ontwerp deurMcDonnell Douglas
Nooiensvlug27 Julie 1972
Vrygestel9 Januarie 1976
StatusIn gebruik
HoofgebruikerAmerikaanse Lugmag
Vervaardig1972-
Aantal gebou1198
EenheidskosteVS$ 28 miljoen (1998)

Tegniese gegewens wysig

ItemStatistiek
Aantal motore2
Tipe motorStraler met nabrander
Bemanning1 loods
Vlerkspan13,05 m
Lengte19,43 m
Hoogte5,63 m
Maks. opstygmassa30 845 kg
Leë massa12 700 kg
Maksimumsnelheid:Mach 1,2 (by seevlak)
Mach 2,5+ (op hoogte)
Reikafstand3 219 km
Klimvermoë254 m/s
Brandstofkapasiteit6 100 kg (aanboord)

Fotogalery wysig

Sien ook wysig


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki How vertaal.