Maagsweer

sweer in die maagslymvlies van die maagwand
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

'n Maagsweer (Latyn: ulcus ventriculi of ulcus pepticum) is 'n sweer in die maagslymvlies van die maagwand. Die maag se slymvlies is beskadig en as gevolg van die inwerking van maagsuur, verterende ensieme en soms ook van bakterieë (spesifiek: Helicobacter pylori), genees so 'n wond nie maklik nie. Maagswere kom meestal voor in die gebied by die portier en kan in ernstige gevalle selfs tot perforasies in die maagwand lei.

Maagsweer
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10K25K27
ICD-9531534
DiseasesDB9819
MedlinePlus  000206
eMedicinemed/1776ped/2341
MeSHD010437
Mediese waarskuwing

Simptome

wysig

Die hoofsimptoom is periodieke pyn in die maag. Die pyn is gewoonlik aan die bokant van die abdomen onder die ribbes. Sommige mense voel die pyn tot in die ribbekas. Ander simptome sluit in:

  • Braking
  • Braking van bloed (rooi of swart)
  • Swart stoelgange

Diagnose

wysig

'n Medikus kan een van die volgende metodes gebruik om 'n maagsweer te diagnoseer:

  • Endoskopies - sluk van 'n kamera
  • Toets lug wat 'n persoon uitasem vir die Helicobacter pylori-bakterieë
  • Bloedtoets vir Helicobacter pylori-infeksie

Behandeling

wysig

Antibiotika word gewoonlik voorgeskryf om die infeksie te beveg.