London Fashion Week



London Fashion Week


Londen
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk


Gehou sedert

Oktober 1983


Frekwensie

Twee keer per jaar
Februarie | September


Organiseerder

British Fashion Council


Webtuiste
londonfashionweek.org

London Fashion Week is 'n modehandelskou wat twee keer per jaar, in Februarie en September, in die Britse hoofstad Londen gehou word. Dit is een van die vier sogenaamde Big Four-modeweke, naas dié wat in New York, Milaan en Parys gehou word, en word deur die Britse Moderaad (British Fashion Council) vir die Londense Ontwikkelingsagentskap (London Development Agency) georganiseer en aangebied in vennootskap met die Departement van Sake, Innovasie en Vaardighede. Die eerste modeweek is in Oktober 1983 gehou. In 2009 is London Fashion Week vir die eerste keer in Somerset-huis aangebied.[1]

London Collections: Men 2013
Hoofstraatstyl met David Gandy
Foto: Conor Clinch
Die meeste skoue vind sedert 2009 plaas in Somerset-huis, 'n neoklassieke gebou aan die suidekant van die Strand, Sentraal-Londen

Die meeste modevertonings word gehou in die binnehof van Somerset-huis, 'n neoklassieke gebou in die Strand in Sentraal-Londen, waar 'n groot markeetent met loopplanke vir 'n reeks vertonings deur top-modeontwerpers opgeslaan word. Bykomende uitstallings deur meer as 150 ontwerpers word in Somerset-huis se nuwe Store Studios aangebied.

Die London Fashion Week, wat tans deur die Britse Departement vir Internasionale Handel, die burgemeester van Londen en die Europese Unie se Streeksontwikkelingsfonds befonds en onder meer deur Mercedes-Benz, Lavazza en Etihad Airways geborg word,[2] word jaarliks bygewoon deur 5 000 mediaverslaggewers, fotograwe en inkopers wat in elke seisoen bestellings ter waarde van meer as £100 miljoen plaas. Regstreekse video-uitsendings van die modeskou word in sowat 190 lande uitgesaai.[3]

'n Tweede modeskou, die London Fashion Weekend wat op die kleinhandelbedryf fokus en in teenstelling met die Fashion Week toeganklik is vir die algemene publiek, word onmiddellik die naweek daarna in Somerset-huis gehou.

Verwysings wysig

  1. Somerset House – History. Besoek op 17 Augustus 2017
  2. "London Fashion Week: Sponsors – Funders. Besoek op 17 Augustus 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2017. Besoek op 17 Augustus 2017.
  3. "London Fashion Week – News, 12 September 2014: London Fashion Week & British Fashion Industry Facts & Figures. Besoek op 17 Augustus 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2017. Besoek op 17 Augustus 2017.

Eksterne skakels wysig