Logan Sargeant

Logan Sargeant (gebore 31 Desember 2000 in Fort Lauderdale, Florida) is 'n Amerikaanse renjaer wat tans in Formule Een vir die Williams-span meeding.

Logan Sargeant
Sargeant in 2022
Sargeant in 2022
Geboortedatum31 Desember 2000 (2000-12-31) (24 jaar oud)
GeboorteplekFort Lauderdale, Florida, Verenigde State van Amerika
Volle naamLogan Hunter Sargeant
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Amerikaner
Aktiewe jare2023 - tans
Span in 2024Williams-Mercedes[1]
Motornommer2
Inskrywings37 (36 begin)
Kampioenskappe0
Oorwinnings0
Podiums0
Loopbaanpunte1
Voorste wegspronge0
Vinnigste rondtes0
Eerste F1-wedren2023 Bahreinse Grand Prix
Laaste inskrywing2024 Nederlandse Grand Prix
Laaste seisoen2023
Verlede jaar plek21ste (1 punt)

Loopbaan

wysig

Sargeant het sy renloopbaan in karting in 2008 begin. In sy eerste jaar het hy hoofsaaklik in Amerikaanse kampioenskappe gejaag, voordat hy in 2009 na Europa verhuis het om daar aan kampioenskappe deel te neem. Hy het heelwat van hierdie kampioenskappe gewen, wat in die KF Juniorklas wêreldtitel in 2015 uitgeloop het, en die eerste Amerikaner sedert Lake Speed in 1978 om 'n groot kartkampioenskap in Europa te wen.

Formule Renault

wysig

In 2018 het Sargeant voltyds oorgeskakel na die Eurocup Formule Renault 2.0 vir R-ace GP. By die seisoenopening by die Paul Ricard-renbaan het hy sy eerste wedren in hierdie kampioenskap gewen en later in die seisoen het hy oorwinnings by die Nürburgring en die seisoenfinaal by die Barcelona-Catalunya-renbaan bygevoeg. Met 218 punte was hy vierde in die finale puntelys agter Max Fewtrell, Christian Lundgaard en Ye Yifei. Hy het ook tweede agter Lundgaard in die nuweling-kampioenskap geëindig. Boonop het hy aan die Formule Renault 2.0 NEC vir R-ace GP deelgeneem, maar was ná die eerste twee rennaweke nie meer in aanmerking vir kampioenskappunte nie. Met 'n oorwinning by die Autodromo Nazionale di Monza wat wel vir die kampioenskap getel het, en 'n oorwinning by die Nürburgring wat nie vir punte getel het nie, het hy vyfde in hierdie klas geëindig met 87 punte.

Formule 3

wysig

In 2019 het Sargeant sy Formule 3-debuut in die nuwe FIA Formule 3-kampioenskap met Carlin gemaak.

In 2020 het Sargeant aktief gebly in FIA Formule 3, maar hy skakel oor na Prema Racing. Sy uitslae het aansienlik verbeter en hy het reeds sy eerste podiumplek in die eerste wedren by die Red Bull Ring behaal. Hy het ook 'n wedren by Spa-Francorchamps gewen. In totaal was hy gedurende die seisoen ses keer op die podium. Hy was tot die laaste wedren by die Mugello-baan in die stryd om die kampioenskap betrokke, maar in hierdie beslissende wedren het hy reeds op die eerste rondte weens 'n ongeluk uitgeval. Met 160 punte het hy derde geëindig agter Oscar Piastri en Théo Pourchaire.

Formule 2

wysig

Aan die einde van 2021 het hy in Formule 2 met die span HWA Racelab gedebuteer tydens die laaste twee rennaweke by die Djedda-straatrenbaan en die Yas Marina-renbaan, as 'n plaasvervanger vir Jake Hughes.

In 2022 maak Sargeant sy debuut as bestuurder vir Carlin se Formule 2-span. Hy het podiumplekke in Barcelona en op die Bakoe-straatrenbaan behaal voordat hy sy eerste oorwinning op Silverstone behaal het. Hy het ook 'n wedren die volgende naweek by die Red Bull Ring gewen. Hy was vir die res van die seisoen nie weer op die podium nie, maar het wel die voorste wegspringplek by Paul Ricard ingeneem. Met 148 punte was hy vierde op die finale puntelys agter Felipe Drugovich, Théo Pourchaire en sy spanmaat Liam Lawson.

Formule 1

wysig

Sargeant het sy Formule Een-debuut vir WilliamsMercedes gemaak tydens die eerste vrye oefensessie van die Verenigde State Grand Prix op 21 Oktober 2022.[2] Hy het 'n tyd van 1:40.325 aangeteken en dus negentiende geëindig.[3] Op 20 November 2022 is aangekondig dat Sargeant in 2023 vir die Williams-span in Formule 1 sal deelneem.[4]

Formule 1-uitslae

wysig
KleurUitslag
GoudWenner
Silwer2e plek
Brons3e plek
GroenVoltooi, verdien punte
BlouVoltooi, geen punte
PersNie voltooi (DNF)
Nie geklassifiseer (NC)
RooiNie gekwalifiseer (DNQ)
KleurUitslag
SwartGediskwalifiseer (DSQ)
WitNie begin (DNS)
LeegNie deelgeneem
Onttrek (WD)
Uitgesluit (EX)
1, 2, 3Naelrenplek, met punte
PVoorste wegspringplek
VVinnigste rondte
JaarInskrywerOnderstelEnjin123456789101112131415161718192021222324PlekPunte
2022Williams RacingWilliams FW44Mercedes
F1 M13 E Performance V6 t
BHRSAUAUSEMIMIASPAMONAZEKANGBROOSFRAHONBELNEDITASINJPNVST TCMXS TCSAP TCABU TC--
2023Williams RacingWilliams FW45Mercedes F1 M14 E
Performance V6 t
BHR
12
SAU
16
AUS
16
AZE
16
MIA
20
MON
18
SPA
20
KAN
DNF
OOS
13
GBR
11
HON
18
BEL
17
NED
DNF
ITA
13
SIN
14
JPN
DNF
KAT
DNF
VSA
10
MXS
16
SAP
11
LSV
16
ABU
16
211
2024Williams RacingWilliams FW46Mercedes F1 M15 E
Performance V6 t
BHR
20
SAU
14
AUS
WD
JPN
17
CHN
17
MIA
DNF
EMI
17
MON
15
KAN
DNF
SPA
20
OOS
19
GBR
11
HON
17
BEL
17
NED
16
ITA
0
AZE
0
SIN
0
VSA
0
MXS
0
SAP
0
LSV
0
KAT
0
ABU
0
23ste *0 *
  • * Seisoen nog aan die gang
  • Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.

Eksterne skakels

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Logan Sargeant to drive for Williams Racing in 2023". Williams Racing. 21 November 2022. Besoek op 21 November 2022.
  2. "Williams geeft F2-coureur Sargeant vrije training in Amerika".
  3. (en) Formula 1 Aramco United States Grand Prix 2022 - Practice 1
  4. Sargeant bemachtigt Williams-zitje voor 2023 na behalen superlicentie