Lineêr B

Lineêr B is ’n lettergreepskrif wat gebruik is om Miceense Grieks, die vroegste bekende vorm van Grieks, mee te skryf. Dit was in gebruik verskeie eeue voor die Griekse alfabet. Die vroegste Miceense geskrifte dateer uit omstreeks 1450 v.C.[1] Dit kom van Lineêr A, ’n onontsyferde skrif waarin Minoïes geskryf is.

Lineêr B
Soort skryfstelsel  Lettergreepskrif, met bykomende ideogramme
Tyd gebruikLaat Bronstydperk
RigtingLinks na regs
TaleMiceense Grieks
Stelsels
Moederstelsels
Lineêr A
  • Lineêr B
SusterstelselsSipries-Minoïese lettergreepskrif‎‎
ISO 15924Linb, 401
UnicodeU+10000–U+1007F sillabiese tekens
U+10080–U+100FF ideogramme
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon  Skryfstelsels

Lineêr B, wat hoofsaaklik voorgekom het in paleisargiewe by Knossos, Sinodië,[2] Pylos, Thebe en Micene,[3] het verdwyn met die val van die Miceense beskawing aan die einde van die Bronstydperk. Geen tekens van die skrif kom in die daaropvolgende tydperk, die Griekse Donker Eeue, voor nie. Die skrif is ontsyfer deur die jong Engelse argitek en selfgeleerde linguis Michael Ventris.

Lineêr B bestaan uit sowat 87 sillabiese tekens en meer as 100 ideogramme. Laasgenoemde simboliseer voorwerpe en artikels en het geen fonetiese waarde nie.

Dit lyk of Lineêr B tot administratiewe sentrums beperk was. Min verskillende "handskrifte" is opgemerk: 45 in Pylos en 66 in Knossos.[4] Dit lyk dus of die skrif net deur ’n gilde professionele skribas in die paleise gebruik is. Nadat die paleise vernietig is, het die skrif verdwyn.

Sillabiese tekens wysig

Tablette met Lineêr B-skrif.

Die volgende tabel bevat die sillabiese tekens wat deur Michael Ventris en John Chadwick ontsyfer is. Aanvangskonsonante word in die linkerkolom aangegee en klinkers in die boonste ry. Die transkripsie van die lettergreep word daarnaas aangegee (dit is dalk nie so uitgespreek nie), asook Bennett se nommer vir die teken, voorafgegaan deur ’n asterisk.

Erkende tekens van vorm V, CV[nota 1]
-a-e-i-o-u
𐀀 a

*08

𐀁 e

*38

𐀂 i

*28

𐀃 o

*61

𐀄 u

*10

d-𐀅 da

*01

𐀆 de

*45

𐀇 di

*07

𐀈 do

*14

𐀉 du

*51

j-𐀊 ja

*57

𐀋 je

*46

𐀍 jo

*36

k-𐀏 ka

*77

𐀐 ke

*44

𐀑 ki

*67

𐀒 ko

*70

𐀓 ku

*81

m-𐀔 ma

*80

𐀕 me

*13

𐀖 mi

*73

𐀗 mo

*15

𐀘 mu

*23

n-𐀙 na

*06

𐀚 ne

*24

𐀛 ni

*30

𐀜 no

*52

𐀝 nu

*55

p-𐀞 pa

*03

𐀟 pe

*72

𐀠 pi

*39

𐀡 po

*11

𐀢 pu

*50

q-𐀣 qa

*16

𐀤 qe

*78

𐀥 qi

*21

𐀦 qo

*32

r-𐀨 ra

*60

𐀩 re

*27

𐀪 ri

*53

𐀫 ro

*02

𐀬 ru

*26

s-𐀭 sa

*31

𐀮 se

*09

𐀯 si

*41

𐀰 so

*12

𐀱 su

*58

t-𐀲 ta

*59

𐀳 te

*04

𐀴 ti

*37

𐀵 to

*05

𐀶 tu

*69

w-𐀷 wa

*54

𐀸 we

*75

𐀹 wi

*40

𐀺 wo

*42

z-𐀼 za

*17

𐀽 ze

*74

𐀿 zo

*20

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. "New Linear B tablet found at Iklaina". Comité International Permanent des Études Mycéniennes, UNESCO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2013. Besoek op 29 April 2012.
  2. Hogan, C. Michael (2008). "Cydonia". The Modern Antiquarian (in Engels). Julian Cope. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 12 Januarie 2009.
  3. Wren, Linnea Holmer; David J. Wren; Janine M. Carter (1986). Perspectives on Western Art: Source Documents and Readings from the Ancient Near East Through the Middle Ages. Westview Press. p. 55. ISBN 9780064301541.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Hooker, J.T. (1980). Linear B: An Introduction. Bristol Classical Press UK. ISBN 0-906515-69-6.

Notas wysig

  1. In linguistiek staan C en V vir konsonant en klinker.