Lien se lankstaanskoene

Afrikaanse rolprent uit 2013

Lien se lankstaanskoene is 'n Afrikaanse rolprent wat op 3 Mei 2013 uitgereik is. Dit is gebaseer op die gelyknamige boek deur Derick van der Walt (ISBN 9780624046684), waarvoor hy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (goud) ontvang het. Die film is deur kykNET gefinansier en deur Spookasem Films vervaardig. Dit is in beide Ster-Kinekor en Nu Metro se teaters vertoon.

Lien se lankstaanskoene
RegisseurAndré Odendaal
ProduksieleierGustav Kuhn en Konrad Kuhn
DraaiboekDerick van der Walt (boek)
Saartjie Botha (draaiboek)
MetCarmen Pretorius
Franci Swanepoel
Tiaan Kelderman
Jacques Gombault
Musiek deurBenjamin Willem
KinematografieJustus de Jager
RedigeerderC.A. van Aswegen
AteljeeSpookasem Films
Uitgereik3 Mei 2013
Speeltyd94 minute
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
IMDb-profiel

Genre wysig

Die rolprent is 'n drama. Dit het 'n 10-12 ouderdomsperk.

Hoofrolspelers wysig

Storielyn wysig

Lien is die kind in 'n disfunksionele huishouding. Nadat die gesin se status van welgesteld tot brandarm verander, moet Lien uitspring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede met haar verlede te maak.

Sien ook wysig