Lettergreep
eenheid van organisasie vir 'n reeks spraakklanke
'n Lettergreep is 'n eenheid van organisasie van spraakklanke. Dit bestaan gewoonlik uit 'n lettergreepkern (gewoonlik 'n vokaal) met opsionele aanvangs- en eindklanke (gewoonlik konsonante). Lettergrepe word gewoonlik gesien as die fonologiese boublokke van woorde.
Daar word onderskei tussen oop en geslote of toe lettergrepe. 'n Oop lettergreep eindig op 'n vokaal en 'n toe lettergreep eindig op 'n konsonant.
'n Algemene reël vir Afrikaans is dat as daar meer as een vokaalklank in 'n woord is, die woord in soveel letter- of klankgrepe verdeel kan word as wat daar vokaalklanke is.
Voorbeelde
wysigklipperig
- "Klipperig" bestaan uit: klip - pe - rig
- Ons kry twee lettergrepe as ons die twee p-konsonante van mekaar skei, nl: "klip" en "pe."
- Ons kry nog 'n lettergreep as ons die e-vokaal van "pe" en die r-konsonant van "rig" skei.
glashelder
- Ons eerste lettergreep: glas- (geslote lettergreep)
- Ons tweede lettergreep:-hel-(geslote lettergreep)
- Ons derde lettergreep:-der (geslote lettergreep)
verwoestende
- Eerste lettergreep skei by "r" en "w":ver-(geslote lettergreep)
- Tweede lettergreep skei by "s" en "t":-woes-(geslote lettergreep)
- Derde lettergreep skei by "n" en "d": -ten-(geslote lettergreep)
- Vierde lettergreep wat oorbly: -de(oop lettergreep)
Eksterne skakels
wysigWikiwoordeboek het 'n inskrywing vir lettergreep.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladRob HersovMenslike skeletSpesiaal:Onlangse wysigingsGetalInligtingstegnologieGenevieve GregsonSelfstandige naamwoordAntoniemGroepsdrukTrappe van vergelykingSeksposisieKategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeuGeldVergelykings (taalkunde)Suid-AfrikaValentynsdagSeksMieliestronkKallie KrielSuid-Afrikaanse randVersamelnaamLeeuKategorie:Artikels met ISNI-identifiseerdersIntensiewe vormKategorie:Artikels met ICIA-identifiseerdersAfrikaanse Wiki HowKategorie:Artikels met BNF-identifiseerdersByvoeglike naamwoordSwangerskapKategorie:Artikels met HDS-identifiseerdersIdioomAfkortingKategorie:Artikels met CANTIC-identifiseerdersAfrikaansMenslike seksuele gedragKategorie:Artikels met RKDartists-identifiseerdersKategorie:Artikels met NARA-identifiseerders