Lech Wałęsa

Lech Wałęsa [ˈlɛx vaˈwɛ̃sa] (* 29 September 1943 in die dorp Popowo naby Lipno (Koejawië-Pommere, Pole) is 'n Poolse politikus, vakbondleier en Nobelpryswenner vir Vrede.

Lech Wałęsa
Lech Wałęsa
Lech Wałęsa in 2009

2de President van Pole
Ampstermyn
22 Desember 1990 – 22 Desember 1995
Eerste ministerTadeusz Mazowiecki
Jan Krzysztof Bielecki
Jan Olszewski
Waldemar Pawlak
Hanna Suchocka
Waldemar Pawlak
Józef Oleksy
Voorafgegaan deurWojciech Jaruzelski (Pole), Ryszard Kaczorowski (in ballingskap)
Opgevolg deurAleksander Kwaśniewski‎‎

Voorsitter van die Solidarność
Ampstermyn
14 Augustus 1980 – 12 Desember 1990
Voorafgegaan deurAmp is nuut geskep
Opgevolg deurMarian Krzaklewski

Persoonlike besonderhede
Gebore29 September 1943 (1943-09-29) (80 jaar oud)
Popowo, Pole
Politieke partyOnafhanklik/Solidarność
Eggenoot/-noteDanuta Gołoś (1969–hede)
Kind(ers)8
ReligieRooms-Katolieke Kerk
Handtekening
ToekenningsNobelprys vir Vrede (1983)

Wałęsa het 'n beroepsopleiding as elektrisiën gevolg en het in 1980 'n prominente rol tydens die stakings in Gdansk (Pools: Gdańsk) gespeel. Hy was een van die medestigters en tussen 1980 en 1990 ook die voorsitter van die onafhanklike Poolse vakbond Solidarność ("Solidariteit"). Ná die afkondiging van krygswet deur die kommunistiese Poolse bewind in 1981 is Wałęsa as een van die Kommunistiese Party se felste teenstanders onder huisarres geplaas, maar in 1982 weer vrygelaat.

As een van die leidende figure gedurende die periode van politieke omwenteling in Pole het Wałęsa ná sy verkiesing tot die amp van Staatspresident die politieke en ekonomiese transformasie van 'n sosialistiese stelsel tot 'n demokratiese vryemarkstelsel (die sogenaamde Derde Poolse Republiek) georganiseer. In 1998 is Wałęsa as voorsitter van die Christen-Demokratiese Party van Pole verkies, en in 1983 is die Nobelprys vir Vrede aan hom toegeken.[1]

Verwysings wysig

  1. "The Nobel Peace Prize 1983" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.

Eksterne skakels wysig