Koetsier (sterrebeeld)

sterrebeeld

Die Koetsier (Latyn: Auriga) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Die sterre van die konstellasie vorm die gepunte helm van ’n koetsier. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Koetsier
Latynse naamAuriga
GenitiefAurigae
AfkortingAur
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming6h
Deklinasie40º
Grootte657 vk. grade (21ste)
KwadrantNQ1
Besonderhede
Hoofsterre5, 8
Helderste sterAlpha Aurigae (Capella)
Naaste sterQY Aurigae
Sterre helderder as 3 m4
Sterre met planete6
Messier-voorwerpe3
Bayer-/Flamsteed-sterre65
MeteoorreënsAurigids, Delta Aurigids
Aangrensende sterrebeelde
Kameelperd, Perseus, Bul, Tweeling, Rooikat
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe wysig

Die helderste ster in die Koetsier is Alpha Aurigae (Capella). Dit is 42 ligjare weg van die aarde en die sesde helderste ster in die sterrehemel. Capella is ’n spektroskopiese dubbelster wat bestaan uit twee geel reuse.[1]

Die galaktiese antisentrum (die punt regoor die middel van die Melkweg) is sowat 3,5° oos van die ster Beta Aurigae. Dié streek het dus baie minder sterre en is dowwer as die res van die stofstrook wat die spiraal-arms van die Melkweg vorm.[2] Omdat die Melkweg deur die Koetsier loop, het die sterrebeeld baie oop sterreswerms en ander voorwerpe. Die drie helderste swerms is Messier 36, Messier 37 en Messier 38; al drie kan met ’n verkyker of ’n teleskoop gesien word.[3]

Verwysings wysig

  1. Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2001). Stars & Planets (3de uitg.). Princeton, New Jersey: Princeton University Press. ISBN 0-691-08913-2.
  2. Crossen, Craig; Rhemann, Gerald (2004). Sky vistas: astronomy for binoculars and richest-field telescopes. Springer. p. 177. ISBN 3-211-00851-9.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Pasachoff, Jay M. (2006). Stars and Planets. Kaarte deur Wil Tirion (4de uitg.). New York City: Houghton Mifflin. ISBN 978-0-395-93432-6.

Eksterne skakels wysig