Koeboebessie

plantspesie

Die Koeboebessie (Mystroxylon aethiopicum) - voorheen Cassine aethiopica - is 'n plant wat wissel van 'n groot bos tot 'n middelgroot boom. In Engels staan die boom bekend as die Kooboo-berry of Bushveld cherry. Die boom kom voor aan die suidkus van Suid-Afrika vanaf Mosselbaai, die ooskus, noorde van Gauteng en Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en sentraal Zimbabwe. Die vrugte is tot 2 cm lank en eetbaar en soet. Die blaarrand is getand met 'n klein, bruin kliertjie aan die punt van elke tand.

Koeboebessie
Mystroxylon aethiopicum subsp. burkeanum op die Bronberg, Gauteng
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. aethiopicum
Binomiale naam
Mystroxylon aethiopicum
(Thunb.) Loes.

Subspesies wysig

Ryp vrugte van die hoëveldkoeboebessie, Mystroxylon aethiopicum subsp. burkeanum, is pienkerig of oranje.

Ryp vrugte van die bosveldkoeboebessie, Mystroxylon aethiopicum subsp. schlechteri, is helderrooi.

Sien ook wysig

Bron wysig