Kilkenny [1] is 'n stad in die Kilkenny County in Ierland.[2] Dit is in die Suidoosstreek en in die provinsie Leinster geleë. Dit is op beide oewers van die Norerivier gebou. Die 2016-sensus gee die bevolking van Kilkenny as 26 512 aan.

'n Kaart van Kilkenny
Kilkenny Castle
Kilkenny Castle, die kenmerkende simbool van 'n Middeleeuse stad

Kilkenny is 'n toeristebestemming, en die omgewing bevat historiese geboue soos Kilkenny Castle, St Canice Katedraal en sy ronde toring, Rothe House, Shee Alms House, [3] Black Abbey, St. Mary Katedraal, Kilkenny Stadsaal, St. Francis Abbey, Grace's Castle en St. John's Priory. Kilkenny is ook bekend vir sy werkswinkels vir ontwerp, die Watergate-teater, openbare tuine en museums. Jaarlikse geleenthede sluit in Kilkenny Kunstefees, [4] die Cat Laughs komediefees en musiek by die Kilkenny Roots Festival.[5]

Stadstatus wysig

Amptelik bekend as die "Munisipale Distrik van Kilkenny City", het Kilkenny geen stadsraad ingevolge die Wet op Hervorming van Plaaslike Regering 2014 nie, maar dit word onder dieselfde wet 'n stad genoem.

Tradisioneel word na Kilkenny as 'n stad verwys, en dit het sy oorsprong in die plaaslike gebruik, wat voortspruit uit 'n koninklike handves wat deur koning Jakobus I van Engeland in 1609 toegestaan is.

Kilkenny Castle
Die Black Freren-hek, deel van die middeleeuse stadsmure

Sport wysig

Sokker wysig

Kilkenny City AFC het tot Januarie 2008 in die League of Ireland gespeel. Dit het by die liga as EMFA aangesluit in 1986, maar bedank ná 22 jaar uit die liga, weens "gebrek aan finansiering, swak resultate en geringe bywoning". Die klub het alles behalwe twee seisoene in die tweede vlak van die League of Ireland gespeel. Dit is verbonde aan Leinster Football Association, Football Association of Ireland en die Schoolboy's Football Association of Ireland.

Rugby wysig

Kilkenny RFC wat in 1885 gestig is, is 'n baie sterk en suksesvolle rugbyklub in Foulkstown aan die Waterfordweg.[6][7] Die klub het baie spelers vir die Ierse span voorsien, waaronder Ernie Ridgeway, Bill Tector, Jack Notley, Willie Duggan, Ned Byrne, Ronan Kearney en Gary Halpin.[6] Ian Dowling speel vir die Munster-rugbyspan en is 'n tweemalige wenner van die Europese Rugbybeker in 2006 en 2008.[7]

Rugby word op skoolvlak deur Kilkenny College en Kilkenny Christian Brothers School (CBS) beoefen.

Gholf wysig

Kilkenny Gholfklub is 'n 18-putjie kampioenskapsparkbaan in die stad in die noordweste, naby die middestad. Dit het verskeie professionele kampioenskapsbyeenkomste aangebied. In 1984 en 1996 was dit die plek vir die All Ireland Mixed Foursome Finals, en in 1985 was dit gasheer vir die All Ireland Cups en Shields Finals. Dit is die hele jaar speelbaar as gevolg van sandsetperke. Die baan is meestal plat met 'n oorvloed bome.

Mount Juliet Gholbaan is 'n gholfoord naby Kilkenny in Thomastown. Jack Nicklaus het die baan ontwerp, en dit word as een van die beste bane in Ierland beskou.

Yshokkie wysig

Kilkenny City Storm is 'n gemengde yshokkiespan wat in 2007 gestig is [8] en speel in die Irish Ice Hockey Association Recreational Division League.[9]

Verwysings wysig

  1. Room 2006.
  2. "Local Government Act 2001" (PDF). Oireachtas.ie. Besoek op 23 September 2017.
  3. "Kilkenny". Kilkenny Famous Landmarks. Kilkenny County Council. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2016.
  4. "Kilkenny Living History, Loving Culture". Kilkenny Tourism. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
  5. "Kilkenny Roots Festival". kilkennyroots.com. Besoek op 23 September 2017.
  6. 6,0 6,1 "Kilkenny Rugby I". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2011. Besoek op 9 Februarie 2011.
  7. 7,0 7,1 Dermot O'Mahony. "Kilkenny Rugby II". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2011. Besoek op 9 Februarie 2011.
  8. "Kilkenny City Storm Website". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2015.
  9. "Irish Ice Hockey League Recreational Division 2008 - 2009". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2009. Besoek op 16 Julie 2009.