Keelseer
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Keelseer word gewoonlik deur ontsteking van die keel en die mangels veroorsaak. Dit gaan normaalweg gepaard met 'n slymerige afskeiding in die keel, heesheid en 'n gevoel van vernouing in die keel. Wanneer 'n mens keelseer het, kan daar sprake wees van 'n onskuldige virus- of bakterie-infeksie, maar dit kan ook die begin van ernstige siektes soos witseerkeel of polio wees.

Keelontsteking kan as gevolg van ʼn ligte keelirritasie of virusontsteking ontstaan en word gewoonlik gekenmerk deur keel seer, 'n heserige stem en pyn wanneer 'n mens sluk. So 'n ontsteking genees normaalweg binne 'n paar dae. Minder ernstige ontstekings van die keel kan egter die slymvlies en die mangels se weerstand verlaag, en ander virusse of bakterieë kan so ernstiger ontstekings veroorsaak. Mangelontsteking (tonsilitis) gaan ook met keelseer gepaard en tas veral jong kinders aan. Streptokokkale keelseer (wat deur streptokokkale bakterieë veroorsaak word) kan ernstige komplikasies tot gevolg hê.
Een hiervan is ontsteking van die middeloor, wat veroorsaak word wanneer 'n ontsteking van die keel deur die buis van Eustachius na die middeloor versprei. Keelseer is ook een van die simptome van ernstiger siektes soos witseerkeel (difterie), 'n infeksiesiekte wat deur bakterieë veroorsaak word.
Verwysings
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409559 band