Kankerbossie

Die Kankerbossie (Sutherlandia frutescens) - dit word ook gansies genoem - is 'n klein struik wat vanaf Julie tot Desember blom. Die plant, 'n vinnige groeier, benodig vol son en min water om te groei. Dit het 'n silwergrys loof, oranje pronkertjievormige blomme en pienkrooi peule. Die struik het baie medisinale gebruike.

Kankerbossie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. frutescens
Binomiale naam
Sutherlandia frutescens

Die kankerbossie het verskeie volksname, onder andere: blaasbossie, blaas-ertjie, eendjies, gansiekeurtjie, klappers en hoenderbelletjie.

Bronne

wysig
  1. "Sutherlandia frutescens information from NPGS/GRIN". www.ars-grin.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2011. Besoek op 3 Maart 2008.