Kana is 'n generiese term vir die lettergreep-georiënteerde Japannese skrifte hiragana (ひらがな) en katakana (カタカナ) sowel as die ou stelsel wat as manjogana bekendstaan. Hierdie skrifte het ontwikkel uit die logografiese karakters van Chinese afkoms wat in Japan bekendstaan as Kanji (漢字) (Chinese uitspraak "hànzì") as 'n alternatief en toevoeging tot laasgenoemde.

Kana
Soort skryfstelselLettergreepskrif
TaleJapannees, Okinawa, Ainoe, Palauaans[1]
Tydperksedert 800
VoorloperOrakelbeenskrif
RigtingLinks-regs
ISO 15924Hrkt, 412
Unicode aliasKatakana of Hiragana
NotaHierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat

Verder is kana tydens die Japannese besetting van Taiwan in Taiwannees opgeneem om die uitspraak van Chinese karakters soos furigana aan te dui.

Verwysings

wysig
  1. Thomas E. McAuley, Language change in East Asia, 2001:90

Eksterne skakels

wysig