Indiese kalender

'n Kalender wat gebruik word in Indië

Die Indiese Nasionale Kalender (ook die Saka-kalender genoem) is die amptelike kalender van die staat van Indië. Hierdie kalender word naas die Gregoriaanse kalender gebruik. Die Saka-kalender moet nie met die Hindoekalender verwar word nie.

Jaarindeling wysig

MaandLengte (dae)Gregoriaanse datum
1Chaitra30/3122 Maart
2Vaishākha3121 April
3Jyaishtha3122 Mei
4Āshādha3122 Junie
5Sravana3123 Julie
6Bhādrapada3123 Augustus
7Āshwina3023 September
8Kārtika3023 Oktober
9Mārgashīrsha (Agrahayana)3022 November
10Pausa3022 Desember
11Māgha3021 Januarie
12Phālguna3020 Februarie

Die Saka-jaar het dus, net soos die Gregoriaanse kalender, 365 of 366 dae. Jare word getel vanaf die Gregoriaanse jaar 78. In die jaar verslaan koning Gautamiputra Satakarni van die Satavahana ryk sy teenstaanders, wat gesien word as 'n belangrike gebeurtenis in die Indiese geskiedenis. Deur die getal "78" by die Saka-jaar te voeg, kom mens dus by die Gregoriaanse jaartal uit. Wat merkwaardig is, is dat die maande van die Indiese kalender nagenoeg saamval (somtyds één dag verskil) met die periodes van die sterrebeelde van die sogenaamde Westerse astrologie.

Agtergrond wysig

Die Saka-kalender is in 1957 ingevoer.

Sien ook wysig

Verwysings wysig