Hoor my lied

(Aangestuur vanaf Hoor My Lied)

Hoor my Lied is 'n Afrikaanse rolprent wat op 16 Desember 1967 in Suid-Afrika vrygestel is. Die rolprent se regisseur was Elmo de Witt. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel. Dit was die eerste Afrikaanse rolprent wat meer as R1 miljoen verdien het.[1]

Hoor my Lied
RegisseurElmo de Witt
ProduksieleierTommie Meyer
MetGé Korsten
Helga van Wyk
Martin Pols
Lindie Roux
Min Shaw
Ruth Watts
Charles Stodel
AteljeeKavaliers Films
VerspreiderNu Metro
Uitgereik1967-12-16
Speeltyd88 min.
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
IMDb-profiel

Genre wysig

Die rolprent is 'n musiekblyspel.

Hoofrolspelers wysig

en andere.

Storielyn wysig

Dr David Retief is 'n singende snydokter. Sy dogter is verlam nadat die twee in 'n ernstige motorongeluk betrokke was. David se kopbeserings bring mee dat hy binne twee jaar blind sal wees. Lydia de Graaff is 'n verpleegster by die hospitaal waar Retief konsulteer. Sy was deels vir die ongeluk verantwoordelik en skuldgevoelens dryf haar om hulle te help. Sy vergesel hulle na Amerika om geld in te samel vir Marietjie se behandeling. Retief se gesig versleg so dat hy later nie meer kan sien nie, dit skok Marietjie so dat sy tydens 'n opvoering opstaan en weer begin loop.

Sien ook wysig

Verwysings wysig