Homoniem

woorde wat dieselfde spelling het en ook dieselfde klink, maar waarvan die betekenisse verskil

Homonieme is woorde wat dieselfde spelling het en ook dieselfde klink, maar waarvan die betekenisse verskil. Die verskil in betekenis kan net afgelei word as daar na die konteks waarin dit gebruik word, gekyk word.

Voorbeelde wysig

Homonieme
WoordEerste betekenisEngelsAnder betekenisEngels
asdit wat oorbly as iets verbrand hetashas van ’n motoraxle
bakom 'n koek in die oord te maakbakeskottel om sop te houbowl
bankjy sit hieropbench/couchplek om geld te houbank
bitterbitter smaakbitterbaie (bv. bitter koud)very
blygelukkighappywoonstay/live
brakhonddog - muttsouterigbriny/saline
byinsek wat heuning maakbeein die nabyheidnearby
deurby, bv. "die hond word deur sy eienaar gevoer"bydeel van 'n geboudoor
egnie vals niereal/trueplaaswerktuigharrow
geldbetaalmiddelmoneyvan toepassing wees op, bv. “dit geld nie vir jou nie”apply
graafwaarmee jy 'n gat maakspadeedelmanearl/count
kanin staat weescan (do something)bottel/blik waarin die koffie iscan/container
kantuiterste randsidefyn weefsellace
kapwat jy met hout kan doenchop/cutdeksel oor die masjien van ’n motorbonnet/hood
ken’n deel van die gesigchinweet vanto know
kiesopening tussen tandvleis en wangmolar’n keuse doenchoice
komskottelbasin/dishiets of iemand nadercome
leertoestel waarteen jy kan opklimladdergelooide of gebreide vel van diereleather
lewerorgaan in die liggaamliververskafsupply/deliver
maatritme van musiek/gedigtebeat/measurekameraadfriend
magtoegelaat te wordmaykragpower/might
meerin groter hoeveelheidmoregroot binnelandse watermassalake
nootmusiekgeluidnote (musiek)papiergeldnote
roerbeweegmoveou woord vir ’n geweergun
rypwanneer iets in die sneeu vriesfrostwanneer 'n vrug gereed is om te eetripe
rysgraansoortriceuitstygrise
skepom iets te veroorsaak, bv. "jy skep die tekininge"create/causedie aksie om iets met 'n lepel uit 'n bak te haalscoop
spelom iets te speel/uitvoergame/playom letters uit te skryf om 'n woord te vormspell
staafblok van metaalbar/rodbevestigconfirm
steelhandvatsel van bv. ’n besem of hamerhandle/stemdiefstal pleegto steal/thieve
stikdraadlus deur 'n masjienstitchsukkel om asem te haal of veroorsaak.suffocate/choke
tog’n reisjourneysoos in “kom tog nou”yet/nevertheless
vasnie los niefixed/firmsonder kos blyfast
vertrekkamerroomweggaanleave
veekoeielivestock/cattleom stof of vuilheid van die vloer af te verwydersweep
veer'n bootferrybedekking van 'n voëlfeather
viernommer na driefourpartytjie te houcelebrate
voorwaarin die water loopgutternie agter niein front of

Sien ook wysig

  • Homograaf, woorde wat dieselfde spelling het, maar nie dieselfde betekenis, klankvorm of oorsprong het nie.
  • Homofoon, woorde wat eenders klink, maar die betekenis en spelling verskil.
  • Sinoniem, woorde wat dieselfde betekenis het.
  • Antoniem, woorde wat die teenoorgestelde betekenis het.

Eksterne skakels wysig