Hogsback is 'n dorp in die Amatolaberge van die Oos-Kaapprovinsie (Suid-Afrika), sowat 30 km van Alice af. Die R345-streeksroete gaan deur die dorp.

Hogsback
Byname: 
"Waar die feëtjies woon"
Hogsback is in Oos-Kaap
Hogsback
Hogsback
 Hogsback se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°35′S 26°57′O / 32.583°S 26.950°O / -32.583; 26.950Koördinate: 32°35′S 26°57′O / 32.583°S 26.950°O / -32.583; 26.950
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikAmathole
MunisipaliteitRaymond Mhlaba
Stigting1883
Oppervlak
 • Totaal13,78 km2 (5,32 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal1 029
 • Digtheid75/km2 (190/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense30.5%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense2.2%
 • Swart mense65.7%
 • Ander1.1%
Taal (2011)
 • Xhosa 63.5%
 • Engels 27.7%
 • Afrikaans 6.0%
 • Ander 2.9%
Poskode (strate)
5721
Poskode (posbusse)
5721
Skakelkode045
Webwerfhttp://www.hogsback.com/
Die pad na Hogsback se Eko-pelgrimsoord
Hogsback se Eko-heiligdom

Natuurskoon wysig

Die omgewing van Hogsback, wat die Tyhumerivier en vrugbare vlaktes van die Tyhumevallei insluit, word deur drie bergrûe oorheers, wat soos die borsels op die rug van 'n vark lyk en aanleiding tot die dorp se ongewone naam gegee het. In die winter word in hierdie berggebied dikwels sneeuvalle aangeteken. Hogsback staan bekend vir sy natuurskoon met inheemse bosse (sommige boomreuse hier is van die oudste aangetekende eksemplare van hul spesie), watervalle en forelhengel. Die bosse is die habitat van talle voëlspesies, waaronder loeries en papegaaie. 'n Aantal pragtige staproetes is in die gebied gevestig.

Landskap en geskiedenis wysig

Die landskapsbeeld van Hogsback is sterk beïnvloed deur een van die eerste setlaars, die tuinier Thomas Summerton uit Oxford (Engeland), wat probeer het om die flora van die Engelse platteland hier te herskep. Appelboorde, lane met haselneute aan weerskante, talle bessievrugte en blomme uit Summerton se vaderland het in die gebied uitgebrei.

Daar word dikwels beweer dat die Amatolabos die Engelse skrywer J.R.R. Tolkien tot sy fiktiewe Mirkwood-bos in die roman The Lord of the Rings (Die Heer van die Ringe) geïnspireer het.

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Hogsback". Sensus 2011.